Annelie

Monday, March 27, 2006

Opgedra aan Albert Landman

Sien, ek het hom belowe ek doen 'n blog entry oor hom. En dis natuurlik 'n geleentheid om YouTube uit te probeer...

Warning: objects in the video might appear crazier than they really are...

Bad idea

Party mense moet net nie toegelaat word om advertensies te design nie (soos die mense van Denim&Diamonds - kyk gerus na die kalender wat hulle vir Die Matie gedoen het, op bladsy 10...soos in, "The club of milk and honeyz").

Ek sien vandag in die Lettere en Wysbegeerte gebou 'n ad vir die Xhosa departemente wat sê: "Learning Xhosa will take you places", en dan so 'n foto:

Ekskuus?

Local is nie noodwendig lekker nie

Ek moes dit net met die wêreld deel...

My pa het my onlangs vertel van 'n Suid-Afrikaanse delicacy wat blykbaar partykeer by stalletjies langs die pad verkoop word: 'n Walkie-talkie. Nou, as kind wou ek altyd 'n walkie-talkie gehad het om mee te speel (die imaginary soort het gou sy splendor verloor), maar hierdie storie het dit bietjie te ver gevat. Sien, in gastronomiese geledere is 'n "walkie-talkie" 'n hoenderkop en hoenderpote combo.

Is it just me, or is this the stuff of nightmares!? :-)

Op soek na grafiese voorstellings van hierdie nagmerrie het ek eers op die prentjie uit Chicken Run besluit. Dis so half creepy om te dink dat die hoenders wat ons eet dalk so oulik soos sy kan wees (ons het haar dan sien praat, planne beraam en verlief raak op Mel Gibson...wag, sy's nes al die meisies in my koshuis!?)

Toe kry ek hierdie storie uit die Newport News (van Virginia in die VSA). So 'n moerse storie oor hoe hierdie vrou 'n hoenderkop in haar fast-food gekry het:

Chicken's head found in fast food order

December 01, 2000

A customer at a McDonald's restaurant in Newport News got more than she bargained for when she received her order. Katherine Ortega said she found a fried chicken's head in the box of chicken wings she ordered Tuesday night. She made the discovery at the McDonald's in the 15000 block of Warwick Boulevard.

Ortega said someone who wasn't looking closely could have easily mistaken the chicken's head for another piece of chicken, like the leg or a wing. The chicken's beak, the comb on top of its head and some feathers were visible.

Ortega said she wants to know how the chicken's head could have made it past inspectors and into the hands of a customer. "I usually look at my food, but I shouldn't have to look that closely to see that. My 5-year-old probably wouldn't have looked. He probably would have thought it was a chicken leg and eaten it," Ortega said. The manager at McDonald's offered Ortega another order of chicken and offered to return the chicken's head to the distribution company. Ortega declined. (why am I not surprised...)

The health department sent an inspector to the restaurant to look through the rest of the bag of chicken wings. Officials didn't find anything unusual (besides the fact that it was a big, gross bag of chicken wings!?). The incident was reported to the Department of Agriculture. The McDonald's Corporation said it would look into the alleged incident, stating that food safety is its top priority.

***

Hoe snaaks is dit nie? Hier eet mense dit elke dag en daar word dit skielik 'n 'food safety' issue. Ek het 'n foto van 'n hoenderpoot ook gekry...daar was baie meer gruesome (rou) voorbeelde en natuurlik die gewone (!?) mense in chicken suits wat Google Images search uitgespoeg het, maar hierdie een was spesiaal.



Dit lyk asof iemand dit as deel van 'n ransom note sou stuur, die een pootjie so alenig op die bordjie...

Sien?

Sunday, March 26, 2006

Pineapple Pete

Die internet is darem 'n wonderlike ding.

Hier is vir julle iets waarop ek afgekom het toe ek vir Ringo Starr ge-google het. Dit kom van sy webwerf se foto-afdeling af...miskien 'n bietjie wacky, maar ek kan nie help om dit te dig nie :-) Dié outjie se naam is (soos julle seker kon aflei) Pineapple Pete. Die onderste een se titel is eenvoudig 'Pete napping'...

Seriously, ek kan myself nie help nie :-)


It's the end of the world as we know it

Ek het 'n baie disturbing video ontdek danksy my blog-surfing. Die ding se naam is Ha Ha Ha America - dis blykbaar by die Sundance Film Festival bekendgestel en handel oor...wel, wêreld-handel. Die feit dat die VSA dikwels as 'n ekonomiese hegemoon (oooh...) gesien word (of dat hulle hulself so sien) maar dat China hulle eintlik by verre oortref in terme van wêreldwye invloed...


Die musiek en styl van die video dra alles by tot 'n moerse scary ambience (sien creepy freeze-frame onder). Moenie verplig voel om die hele video te kyk nie, dit mag jou dalk redelik negatief stem.

And now for something completely different


Ek moet erken hierdie blog entry is deels net om op te maak vir die vorige een...don't get me wrong, ek is 'n groot Monty Python fan, maar hulle uitdrukkings is ook die prentjie wat ek in my kop het van mense se reaksie op wat ek vroeër geskryf het. (soos in: huh?)

Friday, March 24, 2006

When name-calling isn't swearing...

Ek het hierdie cartoons teen my muur opgeplak...ek love dit :-)













Riaan Cruywagen

Ok, dit embarass my om hierdie te plaas - elke tweede blog het 'n posting oor hierdie man, maar ek moet eenvoudig die geleentheid vier noudat iemand (uiteindelik) vir Chuck Norris vervang het...en dan moet ek natuurlik 'n paar van die grappies ook insluit. Dis van die min goed wat my actually kon opcheer hierdie afgelope paar (besige) dae...en dis fokken hilarious :-)

Riaan Cruywagen knows the news before it happens.

Riaan Cruywagen never has his back to you, in fact, Riaan has no back.

Riaan Cruywagen had a telekinetic showdown with Johan Stemmet. After draining all of Stemmet's powers and rendering him severely retarded, he created Noot vir Noot and made Stemmet the host. (Asof niemand vermoed het Johan is 'n spesiale kind nie - "kyk hoe kyk sy vir my"...)

Some people believe Riaan Cruywagen wears a toupée - he has, in fact, one perfect hair. The one that covers his entire head - giving it that, 'not quite real' look.

If Riaan Cruywagen does not read it out on the 8 o'clock news, it never happened.

Amen...

When the going gets tough...the tough start blogging!?

Ek vra nederig om verskoning dat ek so lanklaas iets geplaas het - ek moes myself dwing om te fokus op 'n baie dire akademiese situasie...en toe daar wel 'n bietjie vrye tyd was het ek (met 'n groot skok) besef dat my handboeke actually creative juices spontaan absorbeer...scary, but true...

Aan die ander kant van die spektrum: Appel se blog het intussen moerse uitgebrei, ten spyte van die feit dat hy self 'n druk akademiese program moes handhaaf (en boonop 'n paar dae uitstedig was)...gaan kyk gerus (al laat dit my blog 'n bietjie sleg lyk) - dis eenvoudig net goeie entertainment :-)

Sunday, March 19, 2006

Jis, maar jy's fokken pretentious!

Vir die van julle wat nie weet nie, die titel is 'n line uit 'n Casper de Vries-roetine (dis Keur wat dit vir DeKat sê...ja, die tydskrifte praat met mekaar).

Ek het weer daaraan gedink toe ek nou die dag 'n DeKat in die J.S. Gerice biblioteek raakgeloop het (ons het nie gesels nie maar sy lyk soos 'n aangename mens). In die dae wat my familie nog DeKat gekoop het was dit baie meer soos Insig vandag is, so ek find hierdie surrealisties voorblaaie terselfdertyd fabulous en intimidating :-) Wat dink julle?

Hierdie spesifieke een laat my dink aan daai toneel in The Lion the Witch and the Wardrobe waar die Yskoningin vir die seuntjie turkish delight aanbied...maar dis net friggin' koeksusters...dis nou wat ek bedoel het met 'surrealisties'...

Peace comes dropping slow

Sondaemiddae op Stellenbosch was nog altyd vir my effe surrealisties van aard - die strate is so leeg dat 'n mens op windstil-dae skoon 'n Hitchcock-ian subplot voel broei... Dit laat my bietjie soos 'n toeris voel, asof ek in die strate kan gaan wandel met 'n kamera om my nek sonder om embarassed te wees daaroor. But, then again, as ek te ver stap eindig ek in coffee-shop-central, waar al die "trendies klets en kleingeld klink" soos in daai Koos Kombuis-liedjie - hulle het 'n manier om al die magic van toeris wees uit die situasie te suig (miskien is dit omdat so baie van hulle self toeriste is).

As 'n mens mooi kyk na hierdie foto voel dit asof daar enige oomblik 'n tolbossie oor die straat gaan waai...

NS Op skool het Minette altyd hierdie tyd van die naweek gedigte geskryf om te deal - lees gerus 'n paar van hulle op haar blog (spesifiek hier en hier) as jy belangstel.

Die Gemaskerde Sopbeen

(note/warning to all readers: as jy nie dink die blog-titel is snaaks nie - jammer, dis so half 'n familie-grappie...)

Sy mag dalk my gunsteling tweede oudste sussie wees, maar my en Minette se verhouding was nie altyd net maanskyn en rose nie...my gunsteling storie van ons twee saam handel oor 'n swembadspeletjie wat Minette vir ons uitgedink het - ons elkeen moes 'n seedier kies wat met dieselfde letter as ons voorname begin en dan sou ons maak asof ons daai spesifieke dier is. Minette was 'n meermin, en toe ek nie aan 'n dier kon dink wat met 'A' begin nie het sy voorgestel dat ek 'n anemoon moet wees. Way harsh, man...maar nogsteeds fokken snaaks as ek daaraan terugdink. Dit som so half die eerste paar fases van ons verhouding in 'n nutshell op (sy was die alfa-sussie) :-)

Anyway, against all odds het ons toe uiteindelik vriendinne geword...sy was op my speed-dial totdat sy gefokof het Londen toe om vir 'n klomp Engelse brats musiek te gee (lees gerus die baie snaakse storie van haar vlug-ervaring hier).

Al wat ek kan sê is dat ek haar baie mis. En sy's nog skaars 'n week weg.

Hou dit eg, Mettie...

Saturday, March 18, 2006

Why Chuck Norris has to die

Ek is nie seker hoekom die hele wêreld ewe skielik obsessed is met Chuck Norris nie. Granted, hy was nog altyd 'n easy target wanneer dit kom by celebrities af-rip (hy en die e-tv dude wat sy program se naam uitspreek as Walkaaa, Texas Rangeaa!)...maar nou dink almal hy is die shit!? WHY? Hy's half-cowboy, half-Bruce-Lee-wannabe en sy jeans sit so styf dit sny die bloedtoevoer na sy...brein af...

Op Stellenbosch adverteer hy nou alles van waterbesparing tot die US Raadsverkiesing, en vorm hy ook die middelpunt van 'n smorgasbord lame-ass grappies op die netwerk. Soos in, Where do crop circles come from? Chuck Norris told the corn to 'get the fuck down'!

Give me a break, people...

Die Huisdans at the end of the universe

Ok, so ek was vanaand by die joolbal - het geweet ek sal moet dronk raak om fun te hê nà 'n moerse kak week en die algemene hoofseun/meisie vibe wat altyd heers by funksies met SR- of HK-lede op die gastelys...

Anyway - het besluit ek moet tenminste een dronk blog-entry hê sodat ek agterna daaroor kan lag. Hiermee ook 'n apologie aan my metgesel vir die aand (of was ek syne..ek vergeet) André-Pierre du Plessis - redakteur van Die Matie Studentekoerant (my baas, letterlik) en siniese sielsgenoot vir die aand wat ongelukkig ook moes toekyk terwyl ek nie minder nie as drie keer koffie op sy kar se bonnet uitgegooi het. Ek bloos sommer as ek daaraan dink. Tenminste sal ek dit weer vergeet teen môre-oggend.

Mnr du Plessis het ook sy eie blog waar hy geniet om my in die verleentheid te stel deur embarassing foto's van my te plaas (sommer net so of ge-CGI saam met Larry King...). Ten spyte van die feit dat hy 'n blog-verslaafde is en sulke goed aan my doen dink ek nogsteeds hy is 'n baie spesiale mens en ook 'n spesiale deel van my lewe...selfs al is ek dronk noudat ek dit vir die eerste keer erken...

Nà al hierdie nonsens (en nadat ek voorgestel het ons moet 00h00 'n movie kyk, selfs terwyl ek nog lekker gekuier is) hoop ek hy sien nog kans om my buddy te wees :-) Lekker slapies, Appel...en dankie vir 'n lekker aand...

Thursday, March 16, 2006

Ag, shame

Hierdie is seker die mees cruel foto van Tony Blair wat ek al ooit gesien het - kyk, hy't 'n poep-ogie en als (en wat gaan aan met sy ken?)! Ek het dit op The Economist se website gesien, dit is net freaky...



Ek het op dieselfde aand afgekom op 'n advertensie vir die movie Thank you for smoking. Dit gaan oor mense in die 'fire-arms', alkohol en tabak-industrië, en die advertensie het 'n quote van George Bush ingesluit. Maar teen die tyd wat ek die flash-vertoning/advertensie van die movie sien, wys hulle toe net hierdie boodskap (sien regs)...is dit net ek of lyk dit asof hulle vir hom sê hulle is bly hy rook (en dat hy daarvan sal doodgaan?). Ouch...

Wednesday, March 15, 2006

The band


Ok - deel van die rede hoekom ek hierdie foto moes blog is omdat mense te veel gelag het vir die vorige entry. Dit het bietjie embarassing geraak... :-)

Anyway, hierdie is 'n foto van my pa, Albert, PH, ek en Minette in Barberton...dit was verlede jaar in die Junie-vakansie (en my broer het daar gewerk, ingeval enigiemand gewonder het wat ons daar maak). Ons het langs die pad gestop om uit te kyk oor die vallei, toe roep my ma ons net sodat ons omkyk vir die foto - moerse freaky, ons lyk soos The Doors.

Zapiro

Was vanaand by 'n boekbekendstelling van my eks-social anthropology dosent S. Robins (soos hy gecredit word op die Zapiro cartoon hieronder) - yip, hy ken vir Zapiro en yip, Zapiro was daar. Wicked :-)


Die boek se titel is iets in die lyn van Liberation after Apartheid - dit handel oor die nuwe 'struggle' (post-1994)...vir effektiewe dienslewering en die spreekwoordelike 'leg-up' wat die arm, werklose massas (wat tog die huidige regering gekry het waar hulle nou sit...en slaap in die parliament...) dringend nodig het.

Anyway, ek wou maar net vir julle 'n idee gee waaroor dit gegaan het - Zapiro het gesels oor 'n klomp relevante cartoons (sien hieronder) wat hy gedoen het rondom hierdie soort issues...baie cool om te voel jy kan deel in die proses agter sy social commentary!

Het egter tot 'n paar sad gevolgtrekkings gekom nà hierdie ervaring:

1) Ek suck met die hele awkward finger-eats ding, iets waarvoor die universiteit blykbaar baie lief is (en die soort geleenthede waarna Die Matie-redaksielede gereeld genooi word...en wat hulle gewoonlik bywoon vir die free food...) :-)

2) Goeie bedoelings raak partykeer (dikwels!?) verlore by akademiese instansies - of dit nou is as gevolg van intradepartement-ass-kissing (daar is episodes van The Office met daai soort politiek wat my minder laat cringe het, for goodness' sake) of miskien omdat akademiese taalgebruik dikwels die mense wat actually 'n verskil kan maak, afskrik

Dis nou net weer My Traitor's Heart wat praat - rest assured ek het nie hoop verloor dat mens in die akademie 'n positiewe verskil kan maak nie, dit lyk net by tye vir my hoogs onwaarskynlik dat jy dit sal regkry. Miskien het dit iets te doen met die feit dat my kursuswerk besig is om my opgewondenheid oor my kursusinhoud (en ja, dit maak my opgewonde) in die kiem te smoor...

Tuesday, March 14, 2006

Back in the day

To my friends from school: I realise that I am probably the worst penpal ever, but since I'm kind of addicted to the blogging process I think we might finally have found a way to keep in touch :-) Thought I'd show everyone this really corny picture of our matric class too...and the one below this is just darn funny. Not only am I a bad penpal, I am also the most un-photogenic person of all time. It was taken on the day we got our results and, believe it or not, they actually put it on the school's website! WHY would they do that!? (the obvious answer being: it's a funny picture...)

Mon amie française

Chère Stella - un petit blog à toi:

Je dois admettre que maintenant je regrette beaucoup que je ne vous ai pas visité à UCT l'année dernière...alors, j'ai une voiture (oui, tu sais, le ‘va-va-voom’) mais tu étudies à PE cette année! J'ai une semaine de vacances en avril, peut-être nous pourrons avoir une fête avec Charity et Neha aussi – je ne leur ai pas vu depuis la fin du collège...

J’ai attaché mon photo favorite de nous ensemble – toujours chocolat et vanille, eh ? :-) (Je suis très désolée s’il y a des erreurs de la grammaire sur ce blog…je peut seulement dit que j’ai dû d'essayer...hehe)

Monday, March 13, 2006

Dammit, Neil, the name's Nuanda...

Pieter Herman, Pieter, Piet of net Pi: Officially die coolste dude in my lewe en die sibling wat seker die meeste inapproprate relationship nudging van ons parental units af kry (yip, selfs meer as ek). Die ou wat my Brave New World al in die laerskool laat lees het en onlangs Rian Malan se My Traitor's Heart in my idealistiese keel afgedruk het (en tog is ek dankbaar daarvoor)...

Onthou jy nog toe jy vir my gesê het ek laat jou dink aan Phoebe Caulfield in The Catcher in the Rye (jy was natuurlik Holden)? :-)

The Velveteen Rabbit

Ek is besig om siek te word en het in 'n oomblik van intense selfbejammering twee Friends episodes gekyk...anyway, Chandler het vir Joey se meisie 'n ou uitgawe van haar favourite kinderboek gekoop (ja, hy was verlief op haar), naamlik The Velveteen Rabbit - ek dog toe ek kyk of ek kan sien waaroor dit gaan en ontdek toe die mooiste kinderboek wat ek al ooit gelees het online. Seriously, dit laat Charlotte's Web lyk soos Sin City (en Mettie, miskien het ek net te vinnig te emosioneel betrokke geraak, maar ek dink dis dalk selfs beter as Skeel At en die Mosterts van Twee vir 'n Stuiwer). Doen jouself 'n guns en gaan lees dit hier:

http://digital.library.upenn.edu/women/williams/rabbit/rabbit.html

Sunday, March 12, 2006

Kana Banana

As dié rooikop hardcore lyk is dit bloot omdat sy hardcore is - die enigste meisie wat ek ken wat slimwees vir hoërskoolseuns aantreklik kon maak en ook een van min mense met wie ek oor seks kan gesels sonder om te bloos (dankie daarvoor).

Deesdae spesialiseer sy as psigiater in Londen, waar sy 'n huisie deel met manlief Philip (shit - een 'l' of twee 'l'e?!) en waar hulle saam terugverlang na Suid-Afrikaanse somers (of winters, for that matter)...

Al het sy my gedwing om programme uit te deel op haar troue (ek was in standerd 7, ek het draadjies gehad en dit was fokken embarassing) sal ek altyd 'n spesiale plekkie in my hart hou vir Karen. Miskien omdat sy dit regkry om ook die hardcore meisie in my uit te bring - of omdat sy gereeld vir my sê sy dink ek is cool, al dink ek nie altyd so nie...

Bloed is dikker as water

Van links na regs: Pieter Herman, ek, Karen en Minette - die vier Maré-kinders uiteindelik saam in Port Elizabeth vir 'n vakansie. Ja, ons ouers het ons gedwing om te pose vir die kamera, en nee, ons is nie besig om ons glimlagte te fake nie (ek en Karen lyk maar net so ongemaklik op foto's).

Daar's seker te veel stories tussen die vier van ons vir een blog-entry - laat ek maar net sê ek is dankbaar ons het almal sulke goeie vriende gebly, ten spyte van die feit dat Karen altyd geweier het om saam met my Monopoly te speel, dat ek hoeveel keer vir Minette geskree het sy's 'n bitch (ek neem aan sy't my teruggekry die dag toe sy my met haar dagboek teen die kop gegooi het) en selfs al het ek op 'n baie onverantwoordelike oomblik vir PH tussen die bene geskop (in my defence, ek was baie klein en het dit net gedoen omdat ek dit in die movies gesien het - ek is jammer boetie!). :-)

Soos Karen op 'n verbaasde oomblik gesê het, "ons het almal actually heel normaal uitgedraai..."

Flying my freak-flag

Ek het onlangs The Family Stone gekyk - inderdaad die eerste Amerikaanse Kersfees-movie wat my verwagtinge heeltemal (positief) oortref het. Dit het my vreeslik na my eie familie laat verlang en my laat dink aan al die kere wat ons al lekker saam gelag (en gehuil) het oor die lewe...

Anyway, dis ook waar die titel van my eerste blog-entry vandaan kom ('n line uit die movie...maar kyk dit self as jy meer detail wil hê): Hiermee dan die inhuldiging van 'n lang en voorspoedige blogging-toekoms - mag jy dit geniet om my freak-flag op dié webtuiste te sien wapper.


(ek sal probeer om in die toekoms alliterasie tot 'n minimum te beperk...) Posted by Picasa