Annelie

Sunday, March 25, 2007

Sonde met die bure

My buurvrou is 'n oggendmens. Ek is nie. Sy't my vanoggend wakker geskree toe sy besluit het om haar ouers te bel (seker voor hulle kerk toe gaan, want dit was vroeg) en 'n bietjie 'op te vang'. Aangesien sy ingenieurswese swot het die gesprek meestal oor haar toetsreeks gegaan. Ek sal julle nie aan die ander besonderhede blootstel nie.

'n Paar minute later hoor ek girts-girts-girts...ek het eers heel paniekerig gedink sy's besig om haar naels te vyl (die muur kan tog nie só dun wees nie!?), maar toe besef ek die geluid kom van my venster se kant af. En so ontmoet ek toe my ander buurman :-)

Wat sou sy naam wees? Hy lyk vir my soos 'n Krummel...

Let them listen to Cake

Dit is altyd lekker as 'n mens per abuis 'n (random) cool band ontdek - 'n luukse wat ek seker vreeslik sal mis as ek eers sonder die Netwerk moet klaarkom...maar anyway, hopelik kan julle êrens 'n Cake track in die hande kry en vir my sê wat julle dink.

O, en jammer as hulle ou nuus is...maar dis die eerste keer wat ek hulle hoor :-)

Tuesday, March 13, 2007

Iemand verstaan!

Monday, March 12, 2007

Koshuis k*kkies

Die idee van 'n deurkaart het my nog altyd 'n bietjie geïrriteer, dalk omdat ek nie noodwendig wil hê mense moet altyd weet waar ek is nie. It's a privacy thing (iets wat koshuisinwoners nie altyd verstaan nie, ek weet)...

In elkgeval, hierdie jaar het ek bietjie eksperimenteer (met apologie aan die ontwerperspan van Insig se KKNK bylaag en Dick Bruna, skepper van Miffy die hasie) en met die volgende vorendag gekom.

Nadat ek bietjie opgelees het oor uitleg-guru Mario Garcia (en my eie design inferiority complex probeer face het deur die VerwelkomingsMatie alleen aan te pak) was dit nogals fun om bietjie rond te speel. Maar ek's nogsteeds nie seker ek hou daarvan nie. En ek's nogsteeds nie seker ek hou van die idee dat design vir party mense so 'n moerse issue is nie - kyk byvoorbeeld na die Res Ed projek se logo. Dis vir my amper die visuele ekwivalent van naels wat krap op 'n swartbord...maar Res Ed is potensieël so 'n positiewe projek (moontlike politieke agendas aside) dat ek myself eintlik skaam dat laasgenoemde gedagte hoegenaamd by my opgekom het.

Met 'n koerant is daar natuurlik baie issues om oor te praat - hoe ver kan 'n mens die sinnelose grafika vat voordat jy actually bydra tot lesers se luiheid vir lees? Ek praat darem nou nie oor die basiese 'hoe-loop-'n-leser-se-oog-oor-die-bladsy' navorsing nie...'n mens kan dit seker respekteer.

Ek skryf anderdag weer alles neer wat ek hieroor dink, maar ek behoort eintlik te werk (en ek het reeds te veel tyd aan daai simpel deurkaart spandeer)...los gerus kommentaar oor my hasie-motif :-)

Saturday, March 10, 2007

I spy with my little eye...

Ek deel gou 'n paar surrealistiese ervarings van hierdie week...

1) Nou die aand moes ek langs die BP garage parkeer en was op pad na die winkeltjie toe toe vier petroljoggies om die hoek (verby my) gehardloop kom. Hulle was op pad om 'n ou voor te keer wat van die ander kant af deur die drive-through gehardloop het, en begin hom toe daar voor my stukkend slaan. Blykbaar het hy een van hulle geslaan voor hy probeer weghol het, maar whatever. Dit was nie cool nie.

2) 'n Omie het vanoggend in Pick 'n Pay voor my geloop en skaamteloos sy onderbroek (wat apparently tussen sy boude opgefrommel was) daar uitgehaal en...gekrap. Weird, weird oomblik, veral omdat ek die enigste persoon in 'n moerse crowded winkel was wat die voorreg gehad het om dit te sien. (Hoekom het ek nie maar eers daar anderkant broodrolletjies gaan koop nie!?)

3) Gisteraand by Joolbal...wel, die hele dronk, sweterige langarm ding het nog nooit vir my gewerk nie. Ek los dit maar daar.

Jammer as dit alles 'n bietjie bitter klink...ek gaan nou maar weg vir die naweek om te refuel en hopelik 'n bietjie meer positiewe uitkyk op die lewe te koester :-)

Thursday, March 08, 2007

Die groter prentjie

Ek dink stock foto's is cool. Kyk nou byvoorbeeld na hierdie week se Matie. Wie sou kon raai dat hierdie foto



eintlik só gelyk het (en dat die foto omtrent so 07:20 Dinsdagoggend geneem is)...

Wednesday, March 07, 2007

Bemarkingsfoefie

"It is a mistake to think that you can solve any major problems just with potatoes."

- Douglas Adams