Annelie

Friday, November 24, 2006

Twilight zone

Ek moes die afgelope 24 uur stoei met tasse (op hoë rakke gebêre), bokse (wat soms uitmekaar val...veral as mens hulle per abuis nie reg toevou nie), my kar se agterste sitplek (wat ek natuurlik moes afslaan) en my kamermaat (wat al haar pakwerk vir ons laaste uur in die koshuis gelos het).

Nou hang ek rond in die Neelsie tot ek my goed kan gaan aflaai waar ek vanaand slaap. Terwyl ek wag vir my hot chocolate flits die beeld op die grootskerm tussen een of ander equestrian kompetisie en 'n surrealistiese montage met sporthelde wat glimlaggend-sweterig trofees omhoog hys, met Josh Groban se "You raise me up" in die agtergrond (freakishly literal, no?).

Ek dog ek ontsnap na die kantoor, maar êrens op die Rooiplein is daar 'n luidspreker opgestel en Robbie Wessels neem oor. "Knyp...twee...balle vas tussen jou bene..." Ek besef ewe skielik ek het hierdie liedjie al so baie gehoor het dat ek kan saam sing (as ek sou wou).

Weird gevoel hierdie, seker deels te danke aan die feit dat die proses van uit die koshuis trek dit laat voel soos die einde van die jaar (wat dit beslis nie is nie - daar's nog baie wat binne die volgende paar weke gedoen moet word). Intussen sal ek hopelik 'n bietjie meer gereeld kan blog, uiteindelik 'n bietjie saam met die familie kan kuier en...wel, rus...

Maar - op heeltemal 'n ander noot - kyk hierdie cool foto! Dis nog een uit Die Matie se 'argief'...kan julle raai watter dekade dit is? ;-)

Wednesday, November 15, 2006

Waar ek deesdae eintlik wil wees...

Ek probeer swot, wat kan ek sê...

Saturday, November 04, 2006

Mal Piet in konteks...

Vyftig randjies van Volkskasbank vir die mense wat reg geraai het - Mal Piet is, inderdaad, 'n dooswyn-brand (soos Ceres sappies...only, not) :-) Dankie aan Marius wat die foto verskaf het, en jammer, random dudes X en Y wat op die Matie-tannie se blog beland het...

Thursday, November 02, 2006

Wie/wat is Mal Piet?

Mal Piet is...
deel van 'n nuwe RSG advertensieveldtog (soos daai skape, maar op acid)
Die Matie se nuwe mascot
'n nuwe dooswyn-brand
net nog 'n grynslaggende bokkapater en rede vir Annelie om leerwerk uit te stel
Free polls from Pollhost.com

Wednesday, November 01, 2006

Cool bananas

As jy nog nie hierdie link op die universiteit se webwerf gesien/geclick het nie (of as jy, soos ek, selde daar uitkom), click gerus hier onder vir die US se nuwe kunskalender...

All work and no play... (update!)

Ek het so lanklaas geblog dat ek eintlik performance anxiety het soos ek hier sit en tik - so be gentle with me :-) Net vir die rekord: 'n Hele paar mense het my vorige inskrywing misverstaan...die wit 'voorwerp' in die boonste foto is eintlik waar 'n rugbybal uitgesny is, die tweede foto is waar die rugbybal toe uiteindelik geplak is. Dis crude, maar darem nie só crude dat hulle gedink het daai eerste een lyk soos 'n rugbybal nie!?

In elkgeval, hierdie week was een vir vreemde (lees: random) gesprekke met wildvreemdelinge. Soos die omie in die fotokopieer afdeling in die bib wat nou die aand vir my gevra het wat ek swot en, toe ek verduidelik wat BA (PPE)* is, verward vir my vra, "Nou maar...maar watse soort werk gaan dit eendag vir jou kry?" Seriously, BA kry dit ook maar van alle kante af.

Dit was egter selfs vreemder toe 'n onbekende klasmaat (ons het al gesels en groet mekaar altyd...maar ek kan nie sy naam onthou nie) my nou die dag op die rooiplein nader roep en sê, “Weet jy, ek check jou altyd, as ek jou sien verby loop dan gee jy altyd sulke besige vibes af. Ek kan sien jy...jy lyk vir my soos iemand wat hard werk.” Dink net as so iets eendag op my grafsteen beland, hoe sad sal dit nie wees nie. Ek is in elkgeval nie meer besig as ander studente op hierdie stadium nie (as ek die stres-vibes in die bib reg check)...

Verder het my kamermaat die lastige gewoonte aangeleer om my voor te stel as Redakteur van Die Matie, so toe ek vroeër hierdie week iemand raakloop wat ek só ontmoet het, sê hy, "O ja, jy's mos die Matie-tannie, né?" Weereens: terrible grafsteen potensiaal in daai een. Maar hy weet hy's in KampusQuotes volgende jaar. Want die Matie-tannie het so gesê.


* Nee, 'n mens spel dit nie BAPPE nie, ten spyte van wat jy dalk in KampusBurger gelees het.