Annelie

Saturday, March 10, 2007

I spy with my little eye...

Ek deel gou 'n paar surrealistiese ervarings van hierdie week...

1) Nou die aand moes ek langs die BP garage parkeer en was op pad na die winkeltjie toe toe vier petroljoggies om die hoek (verby my) gehardloop kom. Hulle was op pad om 'n ou voor te keer wat van die ander kant af deur die drive-through gehardloop het, en begin hom toe daar voor my stukkend slaan. Blykbaar het hy een van hulle geslaan voor hy probeer weghol het, maar whatever. Dit was nie cool nie.

2) 'n Omie het vanoggend in Pick 'n Pay voor my geloop en skaamteloos sy onderbroek (wat apparently tussen sy boude opgefrommel was) daar uitgehaal en...gekrap. Weird, weird oomblik, veral omdat ek die enigste persoon in 'n moerse crowded winkel was wat die voorreg gehad het om dit te sien. (Hoekom het ek nie maar eers daar anderkant broodrolletjies gaan koop nie!?)

3) Gisteraand by Joolbal...wel, die hele dronk, sweterige langarm ding het nog nooit vir my gewerk nie. Ek los dit maar daar.

Jammer as dit alles 'n bietjie bitter klink...ek gaan nou maar weg vir die naweek om te refuel en hopelik 'n bietjie meer positiewe uitkyk op die lewe te koester :-)

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

dit kon erger wees. jy kon langarm met 'n gebliksemde, dronk, sweterige ou wat die hele tyd op die dansbaan aan sy onderklere verstel :p

11:13 PM  
Blogger Annelie Maré said...

You make a good point, dude (soos altyd) :-) Het eintlik nog twee weird ervarings vergeet:

1) Megan wat vir my vra hoekom ek "nog nie 'n boyfriend het nie"

2) Barry en Jacobus wat vir Nicole sê hulle dink ons maak 'n hot lesbian couple (lol)

7:21 PM  

Post a Comment

<< Home