Bloed is dikker as water
Van links na regs: Pieter Herman, ek, Karen en Minette - die vier Maré-kinders uiteindelik saam in Port Elizabeth vir 'n vakansie. Ja, ons ouers het ons gedwing om te pose vir die kamera, en nee, ons is nie besig om ons glimlagte te fake nie (ek en Karen lyk maar net so ongemaklik op foto's).
Daar's seker te veel stories tussen die vier van ons vir een blog-entry - laat ek maar net sê ek is dankbaar ons het almal sulke goeie vriende gebly, ten spyte van die feit dat Karen altyd geweier het om saam met my Monopoly te speel, dat ek hoeveel keer vir Minette geskree het sy's 'n bitch (ek neem aan sy't my teruggekry die dag toe sy my met haar dagboek teen die kop gegooi het) en selfs al het ek op 'n baie onverantwoordelike oomblik vir PH tussen die bene geskop (in my defence, ek was baie klein en het dit net gedoen omdat ek dit in die movies gesien het - ek is jammer boetie!). :-)
Soos Karen op 'n verbaasde oomblik gesê het, "ons het almal actually heel normaal uitgedraai..."
4 Comments:
Ai alin, ek pose al weer vir die dood. Amper so erg soos juf S. En vir die 100ste keer, die dagboek was 'n ongeluk, Ph wou lees op wie ek verlief was... (ek het dit in die boekie geskrywe...) Ek neem geen verantwoordelikheid nie, ek dink ons ouers het my gemedikeer.
Skree dit weer, Annelie, skree dit weer: "sy's 'n bitch!"
Dude, that's just wrong. Way harsh.
Ai, al 4 my hart se punte in een klein prentjie!!!
Die nessie is leeg sonder julle, maar dis normaal dat voëltjies wil vlieg op hule eie. Mooi gaan, liewe voëltjies
Post a Comment
<< Home