Annelie

Monday, March 12, 2007

Koshuis k*kkies

Die idee van 'n deurkaart het my nog altyd 'n bietjie geïrriteer, dalk omdat ek nie noodwendig wil hê mense moet altyd weet waar ek is nie. It's a privacy thing (iets wat koshuisinwoners nie altyd verstaan nie, ek weet)...

In elkgeval, hierdie jaar het ek bietjie eksperimenteer (met apologie aan die ontwerperspan van Insig se KKNK bylaag en Dick Bruna, skepper van Miffy die hasie) en met die volgende vorendag gekom.

Nadat ek bietjie opgelees het oor uitleg-guru Mario Garcia (en my eie design inferiority complex probeer face het deur die VerwelkomingsMatie alleen aan te pak) was dit nogals fun om bietjie rond te speel. Maar ek's nogsteeds nie seker ek hou daarvan nie. En ek's nogsteeds nie seker ek hou van die idee dat design vir party mense so 'n moerse issue is nie - kyk byvoorbeeld na die Res Ed projek se logo. Dis vir my amper die visuele ekwivalent van naels wat krap op 'n swartbord...maar Res Ed is potensieël so 'n positiewe projek (moontlike politieke agendas aside) dat ek myself eintlik skaam dat laasgenoemde gedagte hoegenaamd by my opgekom het.

Met 'n koerant is daar natuurlik baie issues om oor te praat - hoe ver kan 'n mens die sinnelose grafika vat voordat jy actually bydra tot lesers se luiheid vir lees? Ek praat darem nou nie oor die basiese 'hoe-loop-'n-leser-se-oog-oor-die-bladsy' navorsing nie...'n mens kan dit seker respekteer.

Ek skryf anderdag weer alles neer wat ek hieroor dink, maar ek behoort eintlik te werk (en ek het reeds te veel tyd aan daai simpel deurkaart spandeer)...los gerus kommentaar oor my hasie-motif :-)

1 Comments:

Blogger Marissa said...

Ek dig dit. Maar dalk omdat ek 'n fan is van Miffy die hasie (wat is sy naam in Afrikaans nou weer)? Deurkaarte is 'n sinnelose konsep. Hoekom moet mense jou kan kry? In my 3de jaar is ek gedwing om een op te sit, toe skryf ek 'n quote uit Alice in Wonderland op 'n stuk A4-papier, die quote het geëindig met "You must be mad, or else you wouldn't have come here".

9:30 AM  

Post a Comment

<< Home