Annelie

Tuesday, April 18, 2006

Net in Amerika (hoop ek)

Ek moes lag hiervoor - ek het 'n paar dae terug hierdie storie gelees by die New York Times Online...granted, dit was onder plaaslike nuus, maar dit is net baie meer gemeenskapskoerant-erig as wat ek ooit gedink het die Times kan wees. Vir die van julle wat te lui is om die storie te gaan lees: dit gaan oor 'n kat wat in die pype onder 'n deli vasgevang was vir soos drie dae of iets belagliks. Hy't klaarblyklik oorleef van creepy critters en nattigheid in die pype (ew)...


Wat ek meer snaaks vind as enigiets anders is egter hierdie foto. Daar's twee news-crews in een shot (en dalk selfs meer buite die frame) - seriously, vir 'n kat wat anyway fine aan die anderkant van hierdie drama uitgekom het...soos daai famous Roger Whittaker-liedjie ook benadruk: WHY?

Sunday, April 16, 2006

And now for something completely different (again)...

Terwyl ons nou praat van lekker lag moet ek my ander slightly-slapstick comedy obsession met julle deel: Monty Python. Hier onder is een van die classic clips uit "Monty Python and the Flying Circus" (die TV reeks - maar MP het ook moerse funny movies gemaak..."The Meaning of Life" het selfs 'n Palme d'Or by die Cannes Film Festival gewen êrens in die 80's).



Hierdie tweede een is 'n voorbeeld van hoe hulle die Franse af-rip (oh-so-British, né?) - John Cleese en Michael Palin is veronderstel om te verduidelik hoe sheep-aviation werk (don't ask). Maar praat hulle Frans? Ja en nee - dis 'n kombinasie van eenvoudige phrases en stop-woorde wat hulle meng met geluide en artikulasie wat hulle NET SOOS die Franse laat klink. Dis awesome, ingenious...

Wednesday, April 12, 2006

Waar pynappels vandaan kom...

Ek het op hierdie foto afgekom op Appel se 'flickr' account en die geleentheid was genoeg om my uit my tydelike aftrede van blogging te dwing...hier is Appel voor Bathurst se giant pynappel (Bathurst, Appel, nie 'êrens tussen Grahamstad en Port Alfred nie').


Soos enige Oos-Kapenaar wat sy/haar sout werd is het ek al binne-in hierdie vreemde glasvesel voorwerp opgeklim (die een waarna Appel so entoesiasties beduie - en ja, 'n mens kan dit actually doen), maar al wat ek kan onthou is dat dit moerse bedompig was aan die binnekant. En julle het gedink Penelope Pineapple is weird...

Thursday, April 06, 2006

Penelope Pineapple (part 3)


Penelope enjoys a late afternoon cup of coffee...

Wednesday, April 05, 2006

Penelope Pineapple (part 2)


Penelope enjoys another evening of channel hopping...

Tuesday, April 04, 2006

Penelope Pineapple


Penelope sometimes struggles to come to terms with the pineapple in the mirror...

Monday, April 03, 2006

Grondboontjiebotter

Behalwe vir die feit dat ek hou van die woord 'grondboontjiebotter' is hierdie eintlik 'n brief introduction tot my skool vir die mense wat hierdie blog lees maar nie betrek is by die vorige entry nie (dit was redelik 'eksklusief' van aard - jammer daaroor) :-) Hopelik sal hierdie entry se absurditeit opmaak daarvoor...

Eerstens moet julle verstaan dat Port Elizabeth in 1820 deur ’n klomp Britse setlaars gestig is...dié mense is dan ook verantwoordelik vir die stigting van Collegiate Girls’ High School (natuurlik meer van ’n naaldwerk- en huishoudkunde-geörienteerde skooltjie toe dit begin is in 1874, maar nou onder die meer progressive skole in PE…wat vakkeuses aanbetref, tenminste…)

In elkgeval, in die sestigerjare was die skoolhoof ene Mej Waterfield. Die skool se koshuis, Waterfield House, is na haar vernoem, maar haar regte claim-to-fame is die feit dat sy grondboontjiebottertoebroodjies (kan dit een woord wees?) uit die skool verban het. Sien, daar het êrens gerugte onstaan dat grondboontjiebotter eintlik ’n aphrodisiac is...

Is ek die enigste persoon wat hierdie stukkie geskiedenis redelik absurd vind!?! (Needless to say bied hierdie storie nou al jare vir minder pittige PE skoolseuns die geleentheid om Collegiate meisies af te rip met weird grappies oor toebroodjies en dies meer.)

Dit gee ook natuurlik nuwe betekenis aan hierdie cartoon wat ek op die internet opgespoor het:


Sunday, April 02, 2006

Potjierol

Ek het vanmiddag opnuut my liefde vir Sjinese kos ontdek. My ma het vir ons plek bespreek by 'n nuwe restaurant in Walmer (die picketfence-posterchild van al die suburbs in PE, second only to Mill Park, wat bietjie meer in die 'leafy-suburb' kategorie val)...ek weet nie mooi hoekom nie, though, die vier van ons het letterlik die hoeveelheid mense daarbinne verdubbel toe ons opdaag.

Wat ambience betref is dit seker een van die weirdste plekke waar ek al ooit geëet het. Dit word uit 'n huis bedryf, soos in daar is nie eers 'n sign buite in die straat om te wys waar dit is nie. Dis egter reg langs 'n Bed&Breakfast met die naam "Sir Roy's Guest House", nogals in sulke huge gotiese letters uitgespel (wat my broer laat observe het: "Sir-dom just ain't what it used to be")...so mense gebruik die gastehuis as 'n 'landmark' as hulle aanwysings na die plek gee.

Binnekant is dit 'n gryserige pers kleur geverf, met sulke regte kantoormatte (blou met weird riffeltjie patrone, hard en grof - julle ken die soort)...en sulke hout display-kassies met porselein buddha-beeldjies en ander creepy pseudo-chinese artifacts. (Miskien kom die 'pseudo' gevoel egter net omdat die beeldjies so half in kontras met die res van die plek was - die eienaars is regtig Sjinees, ek neem aan hulle sal nie self fake goeters koop nie...)

Die waitresses was almal hierdie stereotipe 'bediendes' - met sulke pienk/blou pakkies en matching kopdoekies...terrible en terselfdertyd net plain weird (is daar enige ander land in die wêreld wat ook verantwoordelik is vir die creation van so 'n stereotipe?)...

...maar die kos was awesome! Ek het hopeloos te veel geëet: Hoendersop, fried rice, egg fu yung, sweet & sour pork en nog 'n bietjie chicken chow mein on the side ook. En natuurlik 'n fortune cookie (jy kan nie sjinees eet en dít skip nie) en groen tee om als mee af te rond. My fortuin? Kyk hier:

(Wel, tenminste dink die noodlot ek het talent...)

Seriously, ek het lanklaas so lekker geëet. Ek sou dadelik daaroor geblog het as ek nie so baie wyn gedrink het saam met die maaltyd nie...

Saturday, April 01, 2006

Van een noodgeval na 'n ander

Appel se kar het oppad na die Cape Town International Jazz Festival (die logo is 'n link, ingeval jy nie ge'click' het nie...hehe...) naby Century City sonder petrol gaan staan. Oor die ervaring self sal ek nou nie kan uitbrei nie (ek is seker hy sal nog daaroor skryf, ek sal die link hier sit), maar noudat ek probeer wakker bly om hom elke nou en dan te bel gaan ek maar blog. Ja, ek is nogal moeg, en ja, dis hoekom ek vir my eie corny grappies lag...

Die ander noodgeval in hierdie entry se titel is minder gevaarlik maar net so traumaties. My nefie trou binnekort en ek wou vanaand check of ek tussen my en my sussie se stash aandrokke iets kon kry om aan te trek (dit klink na meer en na 'n wyer verskeidenheid as wat daar is, ek belowe)...sien, ek wou kyk of ek nog in een van hulle in pas, maar die antwoord is 'n resounding "no"...eish...

Paradigm shift

Ek is die eerste persoon om te erken dat ek 'n dag of wat gelede redelik negatief ingestem was om terug PE toe te kom (who am I kidding - selfs vanoggend nog)...maar ek het van plan verander. Ek weet nie of dit die sonskyn, die seelug, die vol yskas (think: Woolies-kos) of die broadband internet is wat my so laat voel nie, maar ek's actually excited om terug te wees.

(Ek sal nog 'n beter foto kry - hierdie een is nogal oud en...er...ek's nie seker ek hou van die asblik daarin nie...)



'n Paar musings oor die vlug terug:

1) Het ontdek dat daar actually 'n tydskrif met die naam Stywe Lyne / Tight lines* bestaan. Ongelukkig het die omie wat langs my gesit het 'n kopie by hom gehad. Dis, soos, R18 wat hy nooit weer gaan terug kry nie.

2) My ma het vir my 'n 'spesiale maaltyd' bestel - 'n lekker bruin broodjie met salm en slaai...ek wil nou nie kla nie, maar daar's twee redes hoekom dit jou nie sal help om vriende te maak op 'n vliegtuig nie. Eerstens lyk jy soos 'n regte pansy (soos in, jou mammie het dit vir jou bestel en jy's een van 5 mense op die hele vlug wat dit kry - hulle roep jou naam uit, for goodness' sake) en tweedens ruik mens net vis vir die res van die vlug. Ew.

3) Die lugwaardinne het gedink my sak met al die badges op is moerse cool (hulle het dit vir my gesê toe ek af klim, "I love your bag...it's soooo cool"). Van wanneer af is SAL die nuwe Kulula?

4) Wanneer gaan mense besef dat April fools grappies baie selde regtig snaaks is? As deel van die kaptein se just-before-take-off speech het hy gesê ons behoort binne twee ure in Johannesburg te land...seriously, die enigste mense wat gelag het was die paar wat gesien het hoe een van die unaccompanied minors opspring en vorentoe hardloop om met die lugwaardinne te praat. Sadistiese bliksems.


*As 'n mens in ag neem dat dit 'n hengel-tydskrif is klink dit seker nie so bad nie. Maar selfs net die idee daarvan is vir my bietjie weird. Die ou op die voorblad was kaalbolyf (met so 'n bierboepêns), hy't 'n floppy hoedjie op sy kop gehad en 'n huge glibberige vis in sy hande...*shudder*