Annelie

Saturday, June 17, 2006

&$*@! Ek kan dit nie glo nie...

You scored as Rogue. Rogue is a strong but tragic personality. She loves Gambit. Because of her mutant powers, she cannot touch anyone without hurting them. Therefore, she longs for human contact. However, this southern gal's strong personality has allowed her to deal with this. Powers: Absorbs lifeforce and powers by touch, Super strength, and flight

Rogue

80%

Jean Grey

75%

Cyclops

65%

Storm

65%

Nightcrawler

55%

Beast

55%

Wolverine

50%

Iceman

45%

Colossus

45%

Gambit

40%

Emma Frost

35%

Most Comprehensive X-Men Personality Quiz 2.0
created with QuizFarm.com

Friday, June 16, 2006

Vandag Londen, môre Parys...

Ek het maar 'n aparte blog begin met foto's en interessante links wat my vakansie aanbetref, anders gaan ek hierdie een heeltemal clog...ek sal nogsteeds hier blog, though, maar net meer randomly (soos in die verlede) :-)

Die foto is 'n tribute aan Tobias van Arrested Development, vir die van julle wat wonder...

Thursday, June 15, 2006

My family and other animals

Karen en Philip het action figures van Einstein en Freud. Awesome...(mmm...Albert se kop is groter...)

Ek wou eers 'n foto-verhaal doen van die twee (dink net - The Odd Couple 3: It's all relative), maar Karen het die volgende image voorgestel en die idee stopgesit. Ek dink nie hulle kan meer vriende wees nie...

Net om te bewys ek's regtig hier...

Om te dink ek was verlede week nog trots op myself omdat ek op my eie stad toe gery het. Screw dit, public transport is way cooler :-) Ek het gister die trein-sisteem (overland, nog nie tubes nie) alleen trotseer en dit wel reggekry om ongedeerd by Charing Cross uit te kom...ek het bietjie laat aan die gang gekom so dit was nie so 'n lang dag nie, maar dag een was gewy aan (slightly clichéd) Trafalgar square. Nelson se...er...column is ongelukkig onder konstruksie (sien foto's) - mens kan nie eers die leeus onderaan ordentlik sien nie. En daar is meer toeriste as duiwe op die square...


O, ja - boodskappie aan Appel en Prof Fuchs: Die treinrit vanaf Lewisham (waarmee ek elke dag seker sal begin) gee vir my 'n view van DAAI gebou uit Basic Instinct 2. Ek dink dis deel van Canary Wharf of so iets? I'll keep you posted.

In elkgeval, my hoofbestemming was die National Gallery (onder)...regtig amazing om verskeie redes, sal 'n paar keer weer teruggaan...en Pa, die Sonneblomme is daar, ons was toe verkeerd gewees...

Ek wil graag my ervarings met almal deel maar ek wil eers 'n paar goed uitklaar. Een: Ek haat dit eintlik om sulke foto's te neem. Dis boring. Ek is jammer julle moet daarna kyk. Maar ek sit dit hier want as julle dit ook sien is dit bietjie asof julle saam met my daar was om dit in lewende lywe te sien. Twee: Ek gaan sukkel om ALLES met julle te deel, al wil ek. Ek kan byvoorbeeld nou nie alles skryf wat ek gevoel/gedink het in die National Gallery nie (en dit was baie)...daar is 'n deel van my wat die heeltyd dink aan hoe ek hierdie ervarings met ander mense kan deel deur daaroor te skryf, maar nog 'n deel wat dit eintlik privaat/net vir myself wil hou. Miskien is dit net ek wat weird is, ek weet nie.

Ek sal eerder foto's plaas van random goed wat my laat stilstaan deur die dag. Soos hierdie een wat ek oppad huis toe van Lewisham stasie af geneem het.


Of hierdie een - dit was die eerste keer wat ek 'n rooi telefoonhokkie opgemerk het, en toe sien ek die freaky sign langs dit. Ek het dit geneem net oorkant die Charing Cross ingang, moet seker iets wees wat oorgebly het van 'n protest op die square...

Daar is ook maar fucked-up mense ooral in die wêreld...

(die mense wat die posters gemaak het, nie die mense van wie die posters praat nie...julle weet dit, reg!?!?)

Tuesday, June 13, 2006

The divine secrets of the Maré sisterhood

Saturday, June 10, 2006

Minette is terug (met mening)

My suster is weer aktief op die blogosphere, mense! Gaan kyk hier om al die cool foto's te sien wat sy gepost het van haar (hopelik tydelike) nuwe lewe in Londen. Ek join hulle hierdie week daar - kan nie wag nie! Hier is 'n sneak preview - "Il Baccio", met suster Karen en swaer Dr Phil :-)

Nog 'n fortune cookie voorspelling


I like the sound of this one...

On the road again...

My eksamens is uiteindelik verby en (sover ek weet) grotendeels suksesvol afgelê...lees gerus hier om te deel in my vreugde wat spesifiek Ekonomie 214 betref. Dis die moeite werd, ek belowe :-)

Ons (ek, my ma en die aantreklike jong skakelbeampte bekend as Prof Fuchs) het Vrydag die 700 km Port Elizabeth toe aangedurf. So staar ek toe die volgende suikersakkie in die gesig by die Whistle Stop Café (aka Shell Garage se ketting-koffiewinkel) op Riviersonderend:


...en dit pla my. Sewe punte en dan 'n hoofletter!? Om die waarheid te sê pla die feit dat dit my pla my meer as enigiets anders...