Annelie

Tuesday, September 26, 2006

The horror...

Ek sit en wonder by myself wat die joernalistieke ekwivalent van harakiri sou wees - ek meen, in die ou dae was 'n goeie ou stomp potlood in jou jugular seker voldoende, maar in die digitale era...? 'n Muiskabel om die nek? Nat vinger in 'n netwerkpunt?

Hoe dit ookal sy, ek's bang vir môre se uitgawe om te verskyn. Daar is oor deadlines geseil en rondgeskarrel soos nooit tevore nie en, ten spyte van 'n persoonlike rekord dertig uur stretch in die kantoor (en dit tel nie eers ander sessies oor die naweek nie) is die eindproduk se kwaliteit nie na wense nie. Dalk sal dit help as ek noem dat ek te besig was om berigte oor te skryf om alle uitlegfoute reg te maak...dis die eerste keer wat ek lesers wil aanmoedig om net te blaai na die T'Matie (het probeer moeite doen hiermee, en Chris het ook baie gehelp) of KampusQuotes.

Hoe meer ek na hierdie voorblad kyk hoe meer vervelig lyk dit. Ek wil net aan die slaap raak, dis net té veel teks...

Het vanaand ook vir die eerste keer amper oop en bloot aan die slaap geraak by 'n amptelike funksie. Ek blameer dit op die tannie met die Radio Kansel-stem wat 'n toesprakie moes lewer. Ek het so half gehoop sy slaan oor na 'n Storieman-storie sodat ek myself kan verbeel ek is weer 'n sorgelose ses jaar oud...

Wednesday, September 20, 2006

Nie vir sensitiewe kykers

Ek kan dit nie help nie - die enigste ding wat my deesdae sane (!?) hou is 'n episode South Park so hier en daar...en hierdie clip is my gunsteling. Dis Tinkerbell en Paris Hilton in laasgenoemde se limo - nie net het die oomblik my onkant gevang nie, maar ek vind dat ek onwillekeurig aan die T(inkerbell)-opsie dink in dag-to-dag ongemaklike situasies. Soos byvoorbeeld wanneer ek ewe skielik bewus word van die feit dat ek probeer small-talk maak met 'n bankier in die VIP-section by die JOOL temaloodsing...

Sunday, September 10, 2006

Of all the gin-joints in all the world...

Ek is sprakeloos. Ek is saam met my pa lughawe toe om my kaartjie terug Kaap toe op te tel (dis 'n lang storie). Het natuurlik Vrydagaand nuus gekyk en gesien Thabo Mbeki hou 'n imbizo hier in die Baai en het gedink dit sou interessant wees om by te woon, as dit net nie was vir my geswelde kliere en die koorswalms wat my elke nou en dan oorval nie.

(Met ander woorde, as ek iets oor die imbizo geskryf het sou dit soos 'n Hunter S. Thompson novel geklink het - Fear and Loathing in the Friendly City, met bewegende matpatrone en mense wat in dinosourusse verander...julle kry die idee...)

Op die lughawe aangekom sien ek die korterige Indiër-vrou voor ons by die SAL toonbank en sy lyk vir my so ’n bietjie bekend. Iets aan daai stukkie wit hare (soos Storm van X-men - en ja, mens kan haar maar met 'n super-hero vergelyk) laat die alarms afgaan en ek weet (nog voor die ou langs ons vir haar sê - "Hey, I recognize you from TV...") dis Ferial Haffajee. Op PE se lughawe. My mond val onwillekeurig oop sodat my pa moet vra wat is dit dan nou met my.

Maar sy maak klaar by die toonbank en loop oor die departure lounge na die check-in counters en ek staan haar oopmond en agterna kyk. En toe's dit ons beurt. Ek fluister vir my pa iets maar hy hoor nie so mooi nie en toe ek haar naam sê, sê hy net "Watseding?" en ek weet dit gaan moeilik wees om te verduidelik...en toe sien ek die poster-tube-dingetjie daar by die toonbank. Die label sê Ferial Haffajee, Mail&Guardian met 'n posadres daarby wat ek nie kan onthou nie en ek verbeel my ek hoor die engelekoor in die agtergrond. So toe hardloop ek agter haar aan (onthou dis PE se lughawe, dis nie so ver nie) en roep "Ms Haffajee" voordat sy by die trappe op (na die ou Dyasons op die tweede verdieping) kan verdwyn. Sy draai om en sê, "Why, thank you, you're so kind" en ek glimlag so breed sy kan nie help om terug te glimlag nie. En al wat ek sê is "you're welcome, it's no trouble..." of iets dergeliks en, toe sy omdraai, net "goodbye". Toe loop ek maar met daai groot glimlag terug na waar my pa nog met die SAL-tannie gesels.

My pa kyk my nog snaaks aan en ek probeer verduidelik dis soos 'n tienerseun met ’n garage band wat vir Mick Jagger op Heathrow raakloop en vir hom die Mars Bar wat hy laat val het aangee. Hy lag maar net en ek hou net aan met glimlag terwyl ons huis toe ry en Louis Armstrong La vie en rose sing oor die kar-radio.

Ek is later die aand kerk toe saam met my ouers en kon net nie konsentreer nie. Ek dink dit was 'n kombinasie van verskillende faktore - eerstens moes ek die hele tyd wonder of ek die ding anders kon hanteer (sodat dit kon eindig by die bespreking van 'n moontlike internskap of ten minste die uitruil van besigheidskaartjies...%@&*#!). Daarmee saam het ek ’n bietjie ekstra rooiwyn met middagete geniet en het psalms en gesange om en by dieselfde invloed op my breinfunksie as 'n stadige (dog pynlose) lobotomie...

...maar dis te verstane. Meer as een religious experience op 'n dag is seker ’n bietjie te veel gevra... ;-)

Tuesday, September 05, 2006

Screw you guys, I'm going home...

Yip, ek gaan bietjie huis toe vir die vakansie - ek dink die change of scenery sal my goed doen. Het dit reggekry om die afgelope paar dae meeste van die kos in ons kamer te verorber (ja, selfs my arme kamermaat se Oreos) tussen koors-gedrewe power-naps en swot-sessies en ongemaklike tee-afsprake en my urpu-verslawing en...wel, 'n klomp goed.

So ja, hierdie is 'n shockingly pointless post, maar dit bied vir my 'n blaaskans van my pol wet boeke, en ek moes net hierdie tel-die-slapies-af gevoel êrens neerskryf... :-)