Annelie

Sunday, March 12, 2006

Kana Banana

As dié rooikop hardcore lyk is dit bloot omdat sy hardcore is - die enigste meisie wat ek ken wat slimwees vir hoërskoolseuns aantreklik kon maak en ook een van min mense met wie ek oor seks kan gesels sonder om te bloos (dankie daarvoor).

Deesdae spesialiseer sy as psigiater in Londen, waar sy 'n huisie deel met manlief Philip (shit - een 'l' of twee 'l'e?!) en waar hulle saam terugverlang na Suid-Afrikaanse somers (of winters, for that matter)...

Al het sy my gedwing om programme uit te deel op haar troue (ek was in standerd 7, ek het draadjies gehad en dit was fokken embarassing) sal ek altyd 'n spesiale plekkie in my hart hou vir Karen. Miskien omdat sy dit regkry om ook die hardcore meisie in my uit te bring - of omdat sy gereeld vir my sê sy dink ek is cool, al dink ek nie altyd so nie...

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

haai kyk, dis die rooi marlyn...

3:29 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ja dis ek.
Wie is jy.



Violet Shrink

11:46 PM  

Post a Comment

<< Home