Annelie

Sunday, March 25, 2007

Sonde met die bure

My buurvrou is 'n oggendmens. Ek is nie. Sy't my vanoggend wakker geskree toe sy besluit het om haar ouers te bel (seker voor hulle kerk toe gaan, want dit was vroeg) en 'n bietjie 'op te vang'. Aangesien sy ingenieurswese swot het die gesprek meestal oor haar toetsreeks gegaan. Ek sal julle nie aan die ander besonderhede blootstel nie.

'n Paar minute later hoor ek girts-girts-girts...ek het eers heel paniekerig gedink sy's besig om haar naels te vyl (die muur kan tog nie só dun wees nie!?), maar toe besef ek die geluid kom van my venster se kant af. En so ontmoet ek toe my ander buurman :-)

Wat sou sy naam wees? Hy lyk vir my soos 'n Krummel...

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Ek wed jy het gesê/gedink:

"Eek! (soos in die strokiesprente....)
'n eek horinkie!"

maar hy's 'n cutie

6:07 PM  
Anonymous Anonymous said...

ek wonder of daai eekhoring ooit "how funky is your chicken" sing tydens kleursport.

9:44 PM  

Post a Comment

<< Home