Annelie

Wednesday, August 30, 2006

Eersgeborene


Na 'n waansinnige naweek en 'n hele paar sonsopkomste en -ondergange in Die Matie se kantoor is die nuwe redaksie se eerste uitgawe op straat...

Los gerus kommentaar, ek sal die voorblad link na die online pdf sodra Marius dit plaas.

(Besoek gerus ook die dude in die regterkantste boonste hoekie se blog, asook dié van medewerkers X en Y...ons is almal baie gebalanseerde mense, ek belowe) :-)

Saturday, August 26, 2006

Eksperiment (en verskoning)

Jammer oor die kriptiese posting - ek het eintlik probeer om 'n animated gif te post (à la Minette), maar dit het nie gewerk nie. Die mannetjie tik só verwoed dat daar net bebloede stompies oorbly waar sy arms eens was...dan begin hy sy kop stamp (sensitiewe kykers sal nie verder uithou nie)...

Ek wou dit met almal deel omdat dit so 'n slaan-die-spyker-op-die-kop (albeit extremely violent) uitbeelding is van die soort frustrasie wat lang ure voor 'n rekenaar uiteindelik kan veroorsaak. Alhoewel dit nou 'n bietjie plat geval het, gee die prentjie darem vir julle 'n goeie idee hoe ek my naweek spandeer het. En nog gaan spandeer. (Eintlik moet daar nog 'n mannetjie wees wat oor hierdie mannetjie se skouer kyk, met die muis in sy hand, besig om picas uit te meet...dit sou meer akkuraat gewees het) :-)

Ek kla nie, ek sê maar net...

(Hoe ongesond is dit nie dat ek nou al obskure ASCI kodes soos ó en à kan gebruik sonder om hulle op te soek..)

Sunday, August 20, 2006

Here comes the sun

Reg, ek het oorspronklik net hierdie foto gepost, maar het vanaand weer met my ma gesels en besef ek sal bietjie moet verduidelik. Sy't gedink die titel bedoel die ou redaksie beplan almal om by Die Son te gaan werk noudat ons termyn verby is...ek dink dis baie snaaks, maar wil net graag enige verdere ongerymdhede opklaar :-)

Vir die wat nie weet nie, dis 'n Beatles liedjie, en dié band is een van min wie se songs op Die Matie se rekenaars beskikbaar is en waarvan almal in die kantoor hou (die Toten Hosen is nie almal se koppie tee nie, en Coldplay is doodeenvoudig overplayed)...so hierdie song sal my altyd aan die mense in die foto laat dink.


Die alternatief was natuurlik "The age of aquarius", but that's a different story altogether...(kloonskaap verstaan) ;-)

Tuesday, August 08, 2006

Blame Canada

Kan enigiemand anders die (blykbaar Kanadese) TV-reeks "Tropical Heat" onthou? Nick Slaughter (!?), eienaar van die quintessential sleazy ponytail? Sy sidekick Spider, wie se trademark 'n rather unfortunate looking gap tussen sy voortande was? Die kenwysie "Anywhere the wind blows..." wat in die agtergrond speel?

Ek kon nie help om nou die dag daaraan te dink nie (sal eerder nie sê hoekom nie)...ek dog ek deel net my vreugde/nostalgie met julle...

One more thing: Dankie aan Appel wat Tropical Heat ge-youtube het...enjoy!

Friday, August 04, 2006

Is dit net ek wat dink dis snaaks?

Ek vermoed hierdie is een boek wat Marissa nie gaan lees nie...

en die idees vir alternatiewe titels is eindeloos: "Os - die merk van die dier"..."Os - ploeg voort"..."Os - swaar dra al aan die een kant"...

(ek moet nou ophou, dit raak laat en my sin vir humor is obviously aangetas...)

Wednesday, August 02, 2006

A Kind of Magic

Enigiemand wat my wil sponsor vir "We will rock you"!?

Tuesday, August 01, 2006

Ek lewe...!

Na aanleiding van Minette se kommentaar op die vorige posting het ek besluit om gou-gou 'n ietsie te skryf - die blog ekwivalent van hallo waai :-) Ek en 'n paar vriendinne gaan vanaand bietjie by 'Golden Wheat' eet hier op die bos...goeie kos, goeie geselskap en sub-standaard wyn (er...ek bedoel goedkoop) = lekker verjaarsdagpartytjie!

Hierdie foto is geneem in Pylones, 'n winkeltjie in Parys (daar's meer as een, actually) met baie helderkleurige en interessante ontwerpe vir (dikwels alledaagse) voorwerpe in en om die huis...kyk byvoorbeeld hierdie mes houertjie...awesome...