Annelie

Wednesday, January 24, 2007

Stick a fork in me, I'm done...

Die VerwelkomingsMatie is uiteindelik op straat - dié baba is die rede hoekom ek nooit weer die sin "Ag, dis ok, ek sal dit sommer self doen" sal uiter nie. Dit was 'n stupid idee gewees...maar, desnieteenstaande het ek nogals baie geleer in die proses (en dis mos nooit 'n slegte ding nie).

Verder wil ek maar net 'n pleidooi die kuberruim instuur en kla oor die ongoddelike hitte - my kar het geen aircon (het een gehad, maar dié kan nou net warm lug blaas vir een of ander rede...great) en swart en (gras)groen leerseats. Ek word elke dag, met ander woorde, feitlik van onder af gaar gebraai gedurende my commute terug Somerset Wes toe.

Maar aan die ander kant is dit tog so lekker om terug te wees... :-)

Monday, January 22, 2007

Kyk mooi...

Wednesday, January 17, 2007

Naamgenoot

Daar's 'n aktrise op 7de Laan met my naam (wel, nou moet ek dit seker ons naam noem)...presies dieselfde spelling, naam en van...

Ek moes mooi dink oor of ek hierdie wil post, aangesien ek hiermee aan almal moet erken dat ek 1) 7de laan kyk/volg en 2) een van die 0.5% van alle kykers is wat actually die end-credits lees.

Wel, daar het julle dit nou. Haar karakter se naam is Lindsay (die dwelmverslaafde met die illegitimate love-child). Sover ek weet is sy nie familie nie, maar sy't ook grootgeword in die Oos-Kaap (!?).

Wednesday, January 10, 2007

Foto's op facebook!

Thursday, January 04, 2007

Hiert!

Geez - ek weet skaars waar om te begin. Om die waarheid te sê is hierdie net 'n kort 'hallo' om my lang afwesigheid van die blogosphere te verbreek...ek's binnekort weer terug met foto's en als (internet kafees hou nie altyd daarvan as jy 'vreemde voorwerpe' in hulle rekenaars druk nie. Soos kameras met USB kabels, julle weet.)

Hier's 'n kort lysie van goed wat hot/not is in my lewe (yip, het hopeloos te veel E! Entertainment gekyk hierdie vakansie. I refuse to be ashamed...)

What's hot:

1) My ma (en ander mense van die omgewing) wat hierdie jaar soos rooi indiane begin praat het. "Jy weet, dit het mos alles weggespoel met Die Groot Reën..."
2) My hondjies Steffi en Wollie :-)
3) Middagslapies...
4) Die dude wat blykbaar free reign het van die Outeniqua Choo-choo (sp?) se spoor met sy spesiale modified four-wheeler (dit het 'n ekstra stel wiele wat op die spore kan ry wat jy kan laat sak/optrek soos nodig)...weet nie of dit net 'n rumour is nie, maar as dit waar is, is dit flippen awesome :-) Ek volg die rumour op en sal later sy naam byvoeg...

What's not:

1) Lookout Beach in Plett wat weggespoel het (!?)
2) My hondjie Steffi se lewerkwaal (?) wat sy blykbaar die afgelope paar maande ontwikkel het
3) Bikini's oor die algemeen
4) Mall culture (wat nou ewe skielik vreeslik groot geraak het in PE, Plett...en selfs Knysna!?)
5) Die oom wat oorkant ons bly wat vasberade is om die speedo 'terug te bring'. Mmm...