Annelie

Tuesday, February 27, 2007

Die klein goedjies wat my dag maak


Wednesday, February 21, 2007

Vandag se uitgawe

Uiteindelik het Marius dit vir ons opgelaai, soos belowe :-)

Hoe cool is dit dat ons nou 'n sms-ding aan die gang het? Alhoewel "Sê jou sê" seker een van die mees embarrassingly cheezy name daarvoor is - ek gaan probeer om nie skaam te kry daaroor nie...

Het uiteindelik ook 'n meeting met die Shofar-leraars gekry, môre-oggend. Sal almal wat omgee op hoogte hou.

Amper vergeet...

Ek besef nou eers ek het nog nie die eerste uitgawe van Die Matie hier geblog nie...let wel dat ek besluit het om eerder op te hou met my blow-by-blow van die produksieproses :-)

Ek sit dit nou maar net hier sodat soveel moontlik mense dit lees...

Sunday, February 18, 2007

Met apologie aan Minette

What Mario isn't telling you...

Dit is om een of ander rede 'n tradisie in Monica dat die eerstejaars iets spesiaals doen vir die hele koshuis op Valentynsdag. Gewoonlik beteken dit 'n pakkie sweeties voor jou deur en 'n klomp pienk/rooi hartjies wat in die koshuis opgeplak word, maar hierdie jaar het hulle 'n poster campaign ook ingesluit.

My persoonlike gunsteling is die een in die voorportaal wat twee meisies, onderskeidelik pro- en anti-Valentynsdag (volgens hulle T-hemp slogans), uitbeeld. Anti se T-hemp sê eenvoudig "Valentine's Day equals death"...maar Pro s'n is my gunsteling: "I [heart] VD".

*chuckle* Weereens 'n bewys dat meer as een persoon 'n poster moet proeflees voor dit geprint of êrens opgeplak word :-) Kan enigiemand anders daai Friends episode onthou wat Joey op 'n VD poster verskyn...?

Friday, February 16, 2007

Waar pas jy in?

Volgens meeste van die mense met wie ek die afgelope week gesels het, pas ek in die laaste kategorie: "Miscellaneous heathen"...

Wednesday, February 07, 2007

Spick 'n spa(n/m)

Ná omtrent 'n maand se verblyf in Somerset Wes (einde Desember en weer in Januarie) het ek twee weke terug weer in Monica ingetrek. Ek het dit reggekry (against all odds) om die HK te oortuig dat ek 'n enkelkamer verdien, en bly toevallig nou in die ou Prim-kantoor. Ek weet dit klink nie vreeslik huge nie, maar na 'n jaar saam met 'n lenige, blonde Durbaniet (ons het nie veel in gemeen gehad nie...) en 'n goeie vriendin (wat so amper-amper nie meer een was nie) is dit, ten minste in my boekies, werklik blog-worthy.

Daar's 'n paar goed in my kamer wat dit egter anders (beter?) maak as ander enkelkamers. Ek het, byvoorbeeld:

- 'n connecting door met die twee eerstejaars langsaan.
- twee interkom headsets teen die muur (Nee, hulle werk nie. Ek het gecheck.)
- 'n klein kluis (waarvoor ek nie 'n sleutel het nie, en waarin niks wat ek waardevol ag, kan pas nie...).
- 'n deurstop in die middel van die vloer (vir die connecting door)
- twee kaste, daai lekker office-furniture, pine-hout soort, wat kan rondskuif...

Ek kan, met ander woorde, alles hoor wat die eerstejaars langsaan te sê het. As ek met myself gepraat het, sou hulle my natuurlik ook kon hoor (maar ek's nog nie daar nie)...

Dit was natuurlik nag om al my stuff ordentlik te rangskik...ek meen, daar is nie eers hoeke nie. Ek dink darem dit het goed uitgewerk - kyk maar na die before en after foto's en sê of julle saamstem :-)

BEFORE:

AFTER:


Verder het ek uiteindelik die comment moderation stelsel onder die knie (het 'n bietjie gesukkel, dis hoekom daar verlede maand niks comments verskyn het nie...) - die VREEMDSTE goed, ek belowe julle, maar nou kry ek dit als in my e-mail inbox? Ek skuifel-skuifel al weer in die wordpress rigting...