Annelie

Monday, March 13, 2006

The Velveteen Rabbit

Ek is besig om siek te word en het in 'n oomblik van intense selfbejammering twee Friends episodes gekyk...anyway, Chandler het vir Joey se meisie 'n ou uitgawe van haar favourite kinderboek gekoop (ja, hy was verlief op haar), naamlik The Velveteen Rabbit - ek dog toe ek kyk of ek kan sien waaroor dit gaan en ontdek toe die mooiste kinderboek wat ek al ooit gelees het online. Seriously, dit laat Charlotte's Web lyk soos Sin City (en Mettie, miskien het ek net te vinnig te emosioneel betrokke geraak, maar ek dink dis dalk selfs beter as Skeel At en die Mosterts van Twee vir 'n Stuiwer). Doen jouself 'n guns en gaan lees dit hier:

http://digital.library.upenn.edu/women/williams/rabbit/rabbit.html

3 Comments:

Blogger Appel said...

Beter as Twee vir 'n Stuiwer? Dit moet riviting stuff wees. Dude, daai boek het my nagmerries gegee. Ek was oortuig ek was 'n voël as ek in die oggende wakker word. Laerskool voorgeskrewe boeke in model C-skole was net te erg.

6:35 PM  
Blogger Marissa said...

Ek moet ongelukkig erken dat ek nog nooit "Twee vir 'n stuiwer" gelees het nie. Wie het dit geskryf?
Het wel die link gevolg en die Velveteen Rabbit gaan lees. Wonderlik.

1:57 PM  
Blogger Annelie Maré said...

W.A. Hickey (as ek reg onthou) is die ou wat verantwoordelik is vir Appel se voël-related nagmerries (calling Dr Freud...) :-)

2:45 PM  

Post a Comment

<< Home