Zapiro
Was vanaand by 'n boekbekendstelling van my eks-social anthropology dosent S. Robins (soos hy gecredit word op die Zapiro cartoon hieronder) - yip, hy ken vir Zapiro en yip, Zapiro was daar. Wicked :-)
Die boek se titel is iets in die lyn van Liberation after Apartheid - dit handel oor die nuwe 'struggle' (post-1994)...vir effektiewe dienslewering en die spreekwoordelike 'leg-up' wat die arm, werklose massas (wat tog die huidige regering gekry het waar hulle nou sit...en slaap in die parliament...) dringend nodig het.
Anyway, ek wou maar net vir julle 'n idee gee waaroor dit gegaan het - Zapiro het gesels oor 'n klomp relevante cartoons (sien hieronder) wat hy gedoen het rondom hierdie soort issues...baie cool om te voel jy kan deel in die proses agter sy social commentary!
Het egter tot 'n paar sad gevolgtrekkings gekom nà hierdie ervaring:
1) Ek suck met die hele awkward finger-eats ding, iets waarvoor die universiteit blykbaar baie lief is (en die soort geleenthede waarna Die Matie-redaksielede gereeld genooi word...en wat hulle gewoonlik bywoon vir die free food...) :-)
2) Goeie bedoelings raak partykeer (dikwels!?) verlore by akademiese instansies - of dit nou is as gevolg van intradepartement-ass-kissing (daar is episodes van The Office met daai soort politiek wat my minder laat cringe het, for goodness' sake) of miskien omdat akademiese taalgebruik dikwels die mense wat actually 'n verskil kan maak, afskrik
Dis nou net weer My Traitor's Heart wat praat - rest assured ek het nie hoop verloor dat mens in die akademie 'n positiewe verskil kan maak nie, dit lyk net by tye vir my hoogs onwaarskynlik dat jy dit sal regkry. Miskien het dit iets te doen met die feit dat my kursuswerk besig is om my opgewondenheid oor my kursusinhoud (en ja, dit maak my opgewonde) in die kiem te smoor...
1 Comments:
Dankie dat jy my saamgevat het. Ek's ernstig. Ek het 'n toets oor Stringetjie Blou Krale gemis om dit by te woon maar die tuin was veel beter en die wyn was lekker en die pesto chicken delightful. Moenie sleg voel nie en moenie worry nie, dit het my ook lank gevat om gewoond te raak aan die vingerete-opset. Just do it.
Post a Comment
<< Home