Annelie

Sunday, March 19, 2006

Jis, maar jy's fokken pretentious!

Vir die van julle wat nie weet nie, die titel is 'n line uit 'n Casper de Vries-roetine (dis Keur wat dit vir DeKat sê...ja, die tydskrifte praat met mekaar).

Ek het weer daaraan gedink toe ek nou die dag 'n DeKat in die J.S. Gerice biblioteek raakgeloop het (ons het nie gesels nie maar sy lyk soos 'n aangename mens). In die dae wat my familie nog DeKat gekoop het was dit baie meer soos Insig vandag is, so ek find hierdie surrealisties voorblaaie terselfdertyd fabulous en intimidating :-) Wat dink julle?

Hierdie spesifieke een laat my dink aan daai toneel in The Lion the Witch and the Wardrobe waar die Yskoningin vir die seuntjie turkish delight aanbied...maar dis net friggin' koeksusters...dis nou wat ek bedoel het met 'surrealisties'...

4 Comments:

Blogger Marissa said...

Wel, by die Woordfees se Filosofie-geleentheid was daar 'n pasella (haha)eksemplaar van hierdie De Kat vir elke gas. Al wat ek kan sê is dat my aandag tydens vervelige dele van die verrigtinge afgedwaal het en ek moerse lus geraak het vir koeksisters...

10:23 PM  
Anonymous Anonymous said...

ek mis jou ook maatjie. en hou jou blog stip dop. twee keer 'n dag. maar jy post niks nie, en elke keer as ek opsign word ek geface met die koeksister feetjie?

9:04 PM  
Blogger Appel said...

Marissa, ek was by Filosofie Kafee en is nooit 'n DeKat in die hand gestop nie. Hoe dan nou.
DE KAT: "Ag, ek's net lus vir 'n croissant of 'n decaffinated koffietjie"
HUISGENOOT: "Wat? Het jy verkoue?"
DE KAT: "Nee, nee. Ek se ek is opsoek na 'n croissant"
KEUR: "Oh jissis maar jy's fokken pretentious! Ooh!"
DE KAT: "En jy praat baie lelik, jong dame"
KEUR: "Wel ten minste is ek jonger as jy"
DE KAT: "O god dis waar, ek dink ek gaan selfmoord pleeg!"

12:42 AM  
Blogger Marissa said...

Appel, jy het te laat daar aangekom, die De Katte was op. Daai filosofiese spul is pretentious, ja, maar nooit te pretentious vir freebies nie.

12:05 PM  

Post a Comment

<< Home