Annelie

Monday, May 22, 2006

Penelope Pineapple en die pynappel-mafia

Ek het eintlik vergeet van hierdie foto's - ek het gehoop ek kan dit gebruik om te probeer opmaak vir my lang stilte...laat my weet as dit werk...

Eerstens moet ek julle voorstel aan Steffi, 'n miniatuur Schnauzer in haar vroeë sestigs (in honde-jare...soos in mense-jare maal met sewe...):

Nes enige ander lid van die Maré-familie het sy nie al haar varkies op hok nie (soos die foto ook suggereer). Sy het so 'n paar jaar terug 'n boetie gekry in die gedaante van Wolfgang "Wollie" Maré - ongelukkig het ek nie enige onlangse foto's van hom nie...hy's 'n bietjie kamera-sku en het ook attention-span probleme (met ander woorde, hy hardloop gereeld randomly weg óf omdat hy angstig raak óf omdat hy 'n skoenlapper jaag...of selfs sy eie stert...):


So het dit dan ook gebeur dat ek in my pynappel-fase probeer het om 'n foto van Penelope saam met die twee hondjies te neem. Die resultaat? Kyk hier:


Wollie het weggehardloop, en Steffi lyk moerse verbouereerd!?

As jy mooi kyk sal jy sien Penelope trek 'n bietjie na Al Capone, veral so om die oë...

(Seriously, ek het net die pynappel daar neergesit, ek belowe)...

Wednesday, May 10, 2006

Jou MA is 'n spam-blog, man

Vir die van julle wat nog nie die nuwe link by my 'ander blogs' afdeling gesien het nie: Die Matie het sy eie blog gekry.

Ons het 'n artikel gepubliseer in die 3 Mei uitgawe oor kondome in koshuise (lees dit gerus hier, op bladsy 15)...nou lyk dit asof die saak weer oop is vir bespreking - mense stem daaroor by huisvergaderings en dis ook op die agenda van môre se Studenteparlement. Ek het gehoop om ook 'n poll op Die Matie se blog te sit sodat mense kan stem oor die saak (hurray vir pollhost.com) en dan posters ooral op te sit wat sê:

"Kondome in koshuise - ja of nee? (lig JOU mening by www.diematie.blogspot.com)"

...of dalk iets minder corny...

Maar nou sê blogspot Die Matie mag nie enige verdere posts publiseer nie want ons blog lyk soos 'n moontlike spam-blog!? Hulle moet dit nou eers 'evalueer' (wat hulle nou al vir die afgelope drie dae doen, mind you) en dan sal hulle besluit of hulle dit gaan delete of nie. Miskien moet ons nou maar iets in Engels plaas (netnou dink hulle die Afrikaans is gibberish)...het enigiemand raad wat nie plastique explosives en huursoldate insluit nie?

Tuesday, May 02, 2006

...maar HOEKOM!?

Ek het hierdie clip van Nicole, Chrisanth en ek ontdek op die netwerk. Dit is so weird...



As Monica eerstejaars het ons verlede jaar 2h00 een oggend pamflette op kampus gaan versprei wat sê: "Monica girls are damn fine" (sug)...ons moes die flyers onder al die kamerdeure in al die manskoshuise stoot - gelukkig het ons opgesplit en my groepie moes Eendrag en Helshoogte cover. Hierdie video speel dan ook af in Helshoogte, waar een dude besluit het hy gaan ons stort (teen die HK se aanbevelings). Hy't natuurlik vir my getarget omdat ek heel voor gestaan het en toevallig ook die kleinste een was (lafaard!), maar net toe hy die kraan op my oopdraai het die HK hom gestop en die res van ons het toe nie nodig gehad om gestort te word nie.

Hy was baie jammer en het selfs aangebied om vir my 'n handdoek in sy kamer te gaan haal...soos julle kan dink was die ervaring self glad nie traumaties nie, maar die vraag bly staan: hoekom sou iemand dié ongemaklike videotjie, nog sonder klank ook, wou beskikbaar stel op die netwerk!?