Annelie

Sunday, March 19, 2006

Peace comes dropping slow

Sondaemiddae op Stellenbosch was nog altyd vir my effe surrealisties van aard - die strate is so leeg dat 'n mens op windstil-dae skoon 'n Hitchcock-ian subplot voel broei... Dit laat my bietjie soos 'n toeris voel, asof ek in die strate kan gaan wandel met 'n kamera om my nek sonder om embarassed te wees daaroor. But, then again, as ek te ver stap eindig ek in coffee-shop-central, waar al die "trendies klets en kleingeld klink" soos in daai Koos Kombuis-liedjie - hulle het 'n manier om al die magic van toeris wees uit die situasie te suig (miskien is dit omdat so baie van hulle self toeriste is).

As 'n mens mooi kyk na hierdie foto voel dit asof daar enige oomblik 'n tolbossie oor die straat gaan waai...

NS Op skool het Minette altyd hierdie tyd van die naweek gedigte geskryf om te deal - lees gerus 'n paar van hulle op haar blog (spesifiek hier en hier) as jy belangstel.

1 Comments:

Blogger Marissa said...

In een van die Hitch-hiker's Guide boeke word daar na Sondagmiddae verwys as die long dark teatime of the soul.

10:21 PM  

Post a Comment

<< Home