Annelie

Sunday, March 19, 2006

Die Gemaskerde Sopbeen

(note/warning to all readers: as jy nie dink die blog-titel is snaaks nie - jammer, dis so half 'n familie-grappie...)

Sy mag dalk my gunsteling tweede oudste sussie wees, maar my en Minette se verhouding was nie altyd net maanskyn en rose nie...my gunsteling storie van ons twee saam handel oor 'n swembadspeletjie wat Minette vir ons uitgedink het - ons elkeen moes 'n seedier kies wat met dieselfde letter as ons voorname begin en dan sou ons maak asof ons daai spesifieke dier is. Minette was 'n meermin, en toe ek nie aan 'n dier kon dink wat met 'A' begin nie het sy voorgestel dat ek 'n anemoon moet wees. Way harsh, man...maar nogsteeds fokken snaaks as ek daaraan terugdink. Dit som so half die eerste paar fases van ons verhouding in 'n nutshell op (sy was die alfa-sussie) :-)

Anyway, against all odds het ons toe uiteindelik vriendinne geword...sy was op my speed-dial totdat sy gefokof het Londen toe om vir 'n klomp Engelse brats musiek te gee (lees gerus die baie snaakse storie van haar vlug-ervaring hier).

Al wat ek kan sê is dat ek haar baie mis. En sy's nog skaars 'n week weg.

Hou dit eg, Mettie...

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Hi Annelie
Is jy die Gemaskerde Sopbeen wat op Baba en Kleuter se forum gechat het so hele lang ruk terug?

Daar is 'n paar van ons wat jou mis en gewonder het of jy nie op ons nuwe forum wil aansluit nie.

Jou naam fassineer baie van ons.

Groete
Hester

As jy belangstel stuur seblief 'n e-mail na hesterhes@hotmail.com

9:23 AM  

Post a Comment

<< Home