Annelie

Monday, December 11, 2006

Lean, mean cycling machines

Ok, ek weet nie hoeveel mense wat hierdie blog lees saam met my opgewonde kan wees hieroor nie...maar ek het vanoggend verby team CSC gery in Somerset Wes! :-)

My Tour de France obsessie is slegs 'n paar jaar oud, en ek het nie eers hierdie jaar se tour (om eerlik te wees) vreeslik getrou gevolg nie...grotendeels te danke aan die feit dat meeste van die dudes wat ek ondersteun/geken het uitgeval het danksy 'n moerse drugging skandaal. Nogtans was ek kinderlik opgewonde toe ek besef dis nie net een of ander huisdokter-klub van Somerset Wes wat vir hulle team CSC merchandise aangeskaf het nie - the team-car gave them away (en as ek reg onthou was T-Mobile ook verlede jaar hierdie tyd in die Kaap)...

Ek het later op hulle website gaan kyk (net om dubbeld seker te maak) - blykbaar is dit deel van 'n jaarlikse "boot-camp"-oefening wat hulle toevallig in SA hou hierdie jaar. Dis nogal snaaks:

“One of the first things we’re going to show them is how to deal with poisonous snakes,” matter-of-factly explains B.S. Christensen, the ex-soldier who directs the camps. Add in the presence of lions, hyenas and other hungry African fauna and Team CSC will be facing a team-building camp like no other.

In die systraatjies van Somerset Wes!? O, die (sub)urban jungle, darem...