Annelie

Saturday, March 18, 2006

Die Huisdans at the end of the universe

Ok, so ek was vanaand by die joolbal - het geweet ek sal moet dronk raak om fun te hê nà 'n moerse kak week en die algemene hoofseun/meisie vibe wat altyd heers by funksies met SR- of HK-lede op die gastelys...

Anyway - het besluit ek moet tenminste een dronk blog-entry hê sodat ek agterna daaroor kan lag. Hiermee ook 'n apologie aan my metgesel vir die aand (of was ek syne..ek vergeet) André-Pierre du Plessis - redakteur van Die Matie Studentekoerant (my baas, letterlik) en siniese sielsgenoot vir die aand wat ongelukkig ook moes toekyk terwyl ek nie minder nie as drie keer koffie op sy kar se bonnet uitgegooi het. Ek bloos sommer as ek daaraan dink. Tenminste sal ek dit weer vergeet teen môre-oggend.

Mnr du Plessis het ook sy eie blog waar hy geniet om my in die verleentheid te stel deur embarassing foto's van my te plaas (sommer net so of ge-CGI saam met Larry King...). Ten spyte van die feit dat hy 'n blog-verslaafde is en sulke goed aan my doen dink ek nogsteeds hy is 'n baie spesiale mens en ook 'n spesiale deel van my lewe...selfs al is ek dronk noudat ek dit vir die eerste keer erken...

Nà al hierdie nonsens (en nadat ek voorgestel het ons moet 00h00 'n movie kyk, selfs terwyl ek nog lekker gekuier is) hoop ek hy sien nog kans om my buddy te wees :-) Lekker slapies, Appel...en dankie vir 'n lekker aand...

2 Comments:

Blogger Appel said...

Nee nee nee, dankie vir jou. Ek het 'n lekker aand gehad, en ek sal altyd jou buddie bly.
Maar aangesien ek jou 'baas' is: GAAN WERK, bliksem!

9:47 AM  
Anonymous Anonymous said...

Haai sussie!

Ek's bly jy hou ons naam hoog daar in Stellies. (wat sal tannie Ingrid se...?) Ek sien jy complain hierbo oor Sondagmiddae - shame on you! Hier is die weer so kak dit voel asof jy in die gesig geklap word met vlae liquid nitrogen as jy net by die deur uitstap.

Violet Shrink
(the artist formerly known as rooi madelein)

PS - onthou wat Margaret Thatcher gese het....

11:36 AM  

Post a Comment

<< Home