Annelie

Wednesday, March 15, 2006

The band


Ok - deel van die rede hoekom ek hierdie foto moes blog is omdat mense te veel gelag het vir die vorige entry. Dit het bietjie embarassing geraak... :-)

Anyway, hierdie is 'n foto van my pa, Albert, PH, ek en Minette in Barberton...dit was verlede jaar in die Junie-vakansie (en my broer het daar gewerk, ingeval enigiemand gewonder het wat ons daar maak). Ons het langs die pad gestop om uit te kyk oor die vallei, toe roep my ma ons net sodat ons omkyk vir die foto - moerse freaky, ons lyk soos The Doors.

5 Comments:

Blogger Marissa said...

Jy is reg. Dit is freaky. Maar ten minste lag niemand nie...

9:47 AM  
Blogger Appel said...

Minette se hare is veel erger as die feit dat julle soos Doors lyk. Ek neem aan Minette is Jim Morrison, haar hare lyk soos syne. Watter jaar was dit presies?

6:47 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Jy kan darem lekker bitsig wees, meneer andré-pierre die redakteur - dit was verlede jaar (2005)...

7:20 PM  
Anonymous Anonymous said...

Dude. My hare is nou maar net een maal nie so integraal van my persoonlikheid soos joune nie. Jim Morrison is meer as net hare dude. So ek gaan daai een as 'n compliment vat beesblaas.

10:54 PM  
Blogger Appel said...

En dit is beslis hoe dit bedoel word. Weet jy hoe hard probeer ek om soos Jim Morrison te lyk, of for that sake, enige cool drug addict musician cult hero. Ek het een keer amper soos Ringo gelyk maar toe se 'n tannie op kampus vir my ek lyk soos Schalk, die SA-rugbyspeler (ek weet so min van rugby af ek weet nie eers wat sy van is nie). Toe kots ek en sny my hare. So jy's cool, Minette, want jy lyk soos Mr Morrison. Ja, almal, ek het actually 'n compliment aan M gegee.

5:46 PM  

Post a Comment

<< Home