Annelie

Sunday, May 06, 2007

Daar's min dinge so lekker...

1) soos 'n golden retriever (nog warm van rondlê in die son) wat haar kop besorgd op jou skoot kom sit terwyl jy koorsagtig lê en slaap.

2) as om snoesig op 'n bank te lê met 'n beker med-lemon terwyl jy die wind buite kan hoor waai en deur die venster kan sien hoe die herfsblare ronddwarrel in die tuin.

1 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Awe... die golder retriever klink lekker, maar ek moet sê ek is nie 'n fan van medlemon nie.

Ek is ewig dankbaar vir die medlemon kapsules, sodat ek nie meer so hoef te sukkel om die nare goed af te sluk, en daar te hou nie!

11:32 AM  

Post a Comment

<< Home