Annelie

Monday, April 03, 2006

Grondboontjiebotter

Behalwe vir die feit dat ek hou van die woord 'grondboontjiebotter' is hierdie eintlik 'n brief introduction tot my skool vir die mense wat hierdie blog lees maar nie betrek is by die vorige entry nie (dit was redelik 'eksklusief' van aard - jammer daaroor) :-) Hopelik sal hierdie entry se absurditeit opmaak daarvoor...

Eerstens moet julle verstaan dat Port Elizabeth in 1820 deur ’n klomp Britse setlaars gestig is...dié mense is dan ook verantwoordelik vir die stigting van Collegiate Girls’ High School (natuurlik meer van ’n naaldwerk- en huishoudkunde-geörienteerde skooltjie toe dit begin is in 1874, maar nou onder die meer progressive skole in PE…wat vakkeuses aanbetref, tenminste…)

In elkgeval, in die sestigerjare was die skoolhoof ene Mej Waterfield. Die skool se koshuis, Waterfield House, is na haar vernoem, maar haar regte claim-to-fame is die feit dat sy grondboontjiebottertoebroodjies (kan dit een woord wees?) uit die skool verban het. Sien, daar het êrens gerugte onstaan dat grondboontjiebotter eintlik ’n aphrodisiac is...

Is ek die enigste persoon wat hierdie stukkie geskiedenis redelik absurd vind!?! (Needless to say bied hierdie storie nou al jare vir minder pittige PE skoolseuns die geleentheid om Collegiate meisies af te rip met weird grappies oor toebroodjies en dies meer.)

Dit gee ook natuurlik nuwe betekenis aan hierdie cartoon wat ek op die internet opgespoor het:


5 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Hmmm. Ek kon nog nooit grondboontjie botter eet nie, a.g.v. ph se storie wat hy my vertel het toe ek klein was. (hy het gese ou italiaanse omies sit en kou dit en spoeg dit dan uit op lang conveyor belt) So ek het uitgemis op hierdie "kinderlike vreugde"... damn.

11:07 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Ew...hoekom juis italiaanse omies, wonder ek?

11:09 PM  
Blogger Appel said...

Jou blog word meer eksklusief by die dag.

12:41 PM  
Anonymous Anonymous said...

Dis die selfde italiaanse omies wat druiwe trap en dan as hulle aftree die skimmel en eelte van hulle tone af rasper om parmesan van te maak. (hmmm.)

4:55 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Skielik onthou ek hoekom ek nie parmesan eet nie...ons familie-stories is nogal fucked up, né?

6:24 PM  

Post a Comment

<< Home