Annelie

Wednesday, April 12, 2006

Waar pynappels vandaan kom...

Ek het op hierdie foto afgekom op Appel se 'flickr' account en die geleentheid was genoeg om my uit my tydelike aftrede van blogging te dwing...hier is Appel voor Bathurst se giant pynappel (Bathurst, Appel, nie 'êrens tussen Grahamstad en Port Alfred nie').


Soos enige Oos-Kapenaar wat sy/haar sout werd is het ek al binne-in hierdie vreemde glasvesel voorwerp opgeklim (die een waarna Appel so entoesiasties beduie - en ja, 'n mens kan dit actually doen), maar al wat ek kan onthou is dat dit moerse bedompig was aan die binnekant. En julle het gedink Penelope Pineapple is weird...

9 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Dis cool! Hoe weet ons of jy die comments lees?

11:24 AM  
Anonymous Anonymous said...

Dis cool! Hoe weet ons of jy die comments lees?

11:24 AM  
Blogger Marissa said...

Daar is 'n foto van hierdie pynappel op die voorblad van Charl-Pierre Naudé se digbundel "In die geheim van die dag".

12:54 PM  
Blogger Appel said...

Ja ek weet, dis hoekom Willem Botha dié foto van my laat neem het. Willem het natuurlik nie die konneksie geken nie, marissa.

Hoe dit ookal sy: Annelie, ek was ook binne. Daar was 'n Pineapple Symposium die oggend voor ons daar aangekom het. En nie sommer enige damn simposium nie, 'n nasionale simposium. Ek belowe. Ek sal die foto soek en post op my blog. Ons het ook 'n foto van die vroutjie agter die toonbank in die bedompige pynappel geneem maar ongelukkig was Willem op die foto en het dit so bietjie gespoil. Daar was ook 'n kamer wat jy R5 moes betaal om in te gaan. In die kamertjie kon jy 'n video kyk van die geskiedenis van die pynappel.

7:10 PM  
Blogger Appel said...

Korreksie: 'n internasionale simposium

7:11 PM  
Blogger Marissa said...

Ek sou R5 gehoes het vir 'n video oor die geskiedenis van die pynappel.

7:44 PM  
Anonymous Anonymous said...

Appe: wie se idee was die nousluitende t-hempies wat jy op die toer dra?

11:59 AM  
Blogger Appel said...

Edmund (die baas) s'n. Hoekom? Wil jy een he^? Daar's nog 5 in my kas.

11:10 AM  
Anonymous Anonymous said...

Is Appel en Willem Botha 'n paartjie of nie?

2:42 PM  

Post a Comment

<< Home