Annelie

Saturday, April 01, 2006

Van een noodgeval na 'n ander

Appel se kar het oppad na die Cape Town International Jazz Festival (die logo is 'n link, ingeval jy nie ge'click' het nie...hehe...) naby Century City sonder petrol gaan staan. Oor die ervaring self sal ek nou nie kan uitbrei nie (ek is seker hy sal nog daaroor skryf, ek sal die link hier sit), maar noudat ek probeer wakker bly om hom elke nou en dan te bel gaan ek maar blog. Ja, ek is nogal moeg, en ja, dis hoekom ek vir my eie corny grappies lag...

Die ander noodgeval in hierdie entry se titel is minder gevaarlik maar net so traumaties. My nefie trou binnekort en ek wou vanaand check of ek tussen my en my sussie se stash aandrokke iets kon kry om aan te trek (dit klink na meer en na 'n wyer verskeidenheid as wat daar is, ek belowe)...sien, ek wou kyk of ek nog in een van hulle in pas, maar die antwoord is 'n resounding "no"...eish...

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Haai sussie

Wou net bevestig dat die UK Home Office rock! Die groen mambas is nou weer veilig in my en PG se besit - sal in hierdie week vlugte bespreek na the city of luurrvvee..

ek sal ook vir jou 'n rok bring om MK & A mee af te wys - 'n rooie wat by jou hare sal pas (copycat!)

liefde
violet shrink

2:52 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Dude, rooi hare is so laas jaar :-) My hare is nou amper swart (donkerbruin), maar daai rok van jou klink na 'n bak plan...bring it on, sistah!

Moet sê ek hou van jou woordkeuse - dit klink asof ons besig is met 'n secret mission of iets...'groen mambas'...

4:05 PM  

Post a Comment

<< Home