Annelie

Sunday, April 02, 2006

Potjierol

Ek het vanmiddag opnuut my liefde vir Sjinese kos ontdek. My ma het vir ons plek bespreek by 'n nuwe restaurant in Walmer (die picketfence-posterchild van al die suburbs in PE, second only to Mill Park, wat bietjie meer in die 'leafy-suburb' kategorie val)...ek weet nie mooi hoekom nie, though, die vier van ons het letterlik die hoeveelheid mense daarbinne verdubbel toe ons opdaag.

Wat ambience betref is dit seker een van die weirdste plekke waar ek al ooit geëet het. Dit word uit 'n huis bedryf, soos in daar is nie eers 'n sign buite in die straat om te wys waar dit is nie. Dis egter reg langs 'n Bed&Breakfast met die naam "Sir Roy's Guest House", nogals in sulke huge gotiese letters uitgespel (wat my broer laat observe het: "Sir-dom just ain't what it used to be")...so mense gebruik die gastehuis as 'n 'landmark' as hulle aanwysings na die plek gee.

Binnekant is dit 'n gryserige pers kleur geverf, met sulke regte kantoormatte (blou met weird riffeltjie patrone, hard en grof - julle ken die soort)...en sulke hout display-kassies met porselein buddha-beeldjies en ander creepy pseudo-chinese artifacts. (Miskien kom die 'pseudo' gevoel egter net omdat die beeldjies so half in kontras met die res van die plek was - die eienaars is regtig Sjinees, ek neem aan hulle sal nie self fake goeters koop nie...)

Die waitresses was almal hierdie stereotipe 'bediendes' - met sulke pienk/blou pakkies en matching kopdoekies...terrible en terselfdertyd net plain weird (is daar enige ander land in die wêreld wat ook verantwoordelik is vir die creation van so 'n stereotipe?)...

...maar die kos was awesome! Ek het hopeloos te veel geëet: Hoendersop, fried rice, egg fu yung, sweet & sour pork en nog 'n bietjie chicken chow mein on the side ook. En natuurlik 'n fortune cookie (jy kan nie sjinees eet en dít skip nie) en groen tee om als mee af te rond. My fortuin? Kyk hier:

(Wel, tenminste dink die noodlot ek het talent...)

Seriously, ek het lanklaas so lekker geëet. Ek sou dadelik daaroor geblog het as ek nie so baie wyn gedrink het saam met die maaltyd nie...

2 Comments:

Blogger Appel said...

Klink lekker, soos die restaurant in 'Dead Like Me'

11:16 PM  
Anonymous Anonymous said...

My vriendin se smaak wat die kos betref, was in die kol! So ook die drie ander mense wat die afgelope tyd oor die restaurant gepraat het - Bly jy het ook so gedink! Vir die eerste maal het ek weer chinese kos geëet soos in my kinderdae saam met vriende van my ouers in Breëstraat, Kaapstad. Net ons het nie die pret van die fortune cookies gehad nie, maar gesettle vir die strikdassies. Alles was so vars en smaaklik en 'n mens het glad nie soos 'n oliebol gevoel na die tyd nie...
Ter inligting:Canton het onlangs na hierdie nuwe
ligging verskuif. Mense eet blykbaar liewer op 'n Vrydag- of Saterdagaand Chinees en dan is die plek eintlik gewild vir hulle takeaways.Die beste in PE gewis.

9:20 AM  

Post a Comment

<< Home