Annelie

Sunday, April 16, 2006

And now for something completely different (again)...

Terwyl ons nou praat van lekker lag moet ek my ander slightly-slapstick comedy obsession met julle deel: Monty Python. Hier onder is een van die classic clips uit "Monty Python and the Flying Circus" (die TV reeks - maar MP het ook moerse funny movies gemaak..."The Meaning of Life" het selfs 'n Palme d'Or by die Cannes Film Festival gewen êrens in die 80's).



Hierdie tweede een is 'n voorbeeld van hoe hulle die Franse af-rip (oh-so-British, né?) - John Cleese en Michael Palin is veronderstel om te verduidelik hoe sheep-aviation werk (don't ask). Maar praat hulle Frans? Ja en nee - dis 'n kombinasie van eenvoudige phrases en stop-woorde wat hulle meng met geluide en artikulasie wat hulle NET SOOS die Franse laat klink. Dis awesome, ingenious...

1 Comments:

Blogger Marissa said...

Het lanklaas Monty Python gekyk. Maar is ook 'n groot fan. Naas die alombekende "dead parrot" skets, is een van my gunstelinge die een waar die matrasverkoopsman nie die woord "matras" mag hoor nie, en as iemand dit in sy teenwoordigheid sê, moet hy in 'n kartonboks gaan staan en "Jerusalem" sing voordat hy weer OK voel.

12:24 AM  

Post a Comment

<< Home