Annelie

Saturday, April 01, 2006

Paradigm shift

Ek is die eerste persoon om te erken dat ek 'n dag of wat gelede redelik negatief ingestem was om terug PE toe te kom (who am I kidding - selfs vanoggend nog)...maar ek het van plan verander. Ek weet nie of dit die sonskyn, die seelug, die vol yskas (think: Woolies-kos) of die broadband internet is wat my so laat voel nie, maar ek's actually excited om terug te wees.

(Ek sal nog 'n beter foto kry - hierdie een is nogal oud en...er...ek's nie seker ek hou van die asblik daarin nie...)



'n Paar musings oor die vlug terug:

1) Het ontdek dat daar actually 'n tydskrif met die naam Stywe Lyne / Tight lines* bestaan. Ongelukkig het die omie wat langs my gesit het 'n kopie by hom gehad. Dis, soos, R18 wat hy nooit weer gaan terug kry nie.

2) My ma het vir my 'n 'spesiale maaltyd' bestel - 'n lekker bruin broodjie met salm en slaai...ek wil nou nie kla nie, maar daar's twee redes hoekom dit jou nie sal help om vriende te maak op 'n vliegtuig nie. Eerstens lyk jy soos 'n regte pansy (soos in, jou mammie het dit vir jou bestel en jy's een van 5 mense op die hele vlug wat dit kry - hulle roep jou naam uit, for goodness' sake) en tweedens ruik mens net vis vir die res van die vlug. Ew.

3) Die lugwaardinne het gedink my sak met al die badges op is moerse cool (hulle het dit vir my gesê toe ek af klim, "I love your bag...it's soooo cool"). Van wanneer af is SAL die nuwe Kulula?

4) Wanneer gaan mense besef dat April fools grappies baie selde regtig snaaks is? As deel van die kaptein se just-before-take-off speech het hy gesê ons behoort binne twee ure in Johannesburg te land...seriously, die enigste mense wat gelag het was die paar wat gesien het hoe een van die unaccompanied minors opspring en vorentoe hardloop om met die lugwaardinne te praat. Sadistiese bliksems.


*As 'n mens in ag neem dat dit 'n hengel-tydskrif is klink dit seker nie so bad nie. Maar selfs net die idee daarvan is vir my bietjie weird. Die ou op die voorblad was kaalbolyf (met so 'n bierboepêns), hy't 'n floppy hoedjie op sy kop gehad en 'n huge glibberige vis in sy hande...*shudder*

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Ai Annelie. Stuur groete vir Steffie en Wolfie. En gaan stap langs Kingsbeach vir my part. En jy gaan eendag terug verlang na die stilte van 'n sondag middag by 231 greenacres village. miss you.

12:38 AM  
Blogger Appel said...

Ek sou vorentoe gehol het en daai kaptein in sy hol gebliksem het. 'n Mens maak mos nie sulke grappies nie, fokkit. Ek veronderstel die feit dat ek sonder petrol gaan staan het was ook 'n April fools joke. Kom ons blameer juis vir SAL, hulle is afterall 'n platinum borg van die Cape Town Jazz Festival waarheen ek juis op pad was toe ek sonder petrol gaan staan het. Ek se^ jou, daai 'cool' air hostesses en die kaptein het geweet van my en jou. Dis hoekom ons vir 'n gat gevat is.

11:21 PM  

Post a Comment

<< Home