Annelie

Tuesday, August 08, 2006

Blame Canada

Kan enigiemand anders die (blykbaar Kanadese) TV-reeks "Tropical Heat" onthou? Nick Slaughter (!?), eienaar van die quintessential sleazy ponytail? Sy sidekick Spider, wie se trademark 'n rather unfortunate looking gap tussen sy voortande was? Die kenwysie "Anywhere the wind blows..." wat in die agtergrond speel?

Ek kon nie help om nou die dag daaraan te dink nie (sal eerder nie sê hoekom nie)...ek dog ek deel net my vreugde/nostalgie met julle...

One more thing: Dankie aan Appel wat Tropical Heat ge-youtube het...enjoy!

4 Comments:

Blogger Marissa said...

Ek het nie onthou daarvan totdat jy en Chris my herinner het nie :)

5:01 PM  
Blogger Appel said...

Ek stuur vir jou die opening sequence dan moet jy dit op jou blog sit. Dit was 'n fokken legend program. As gevolg van hom wou ek ook as ek groot is (so het ek my vriende vertel) met 'n ponietail en 'n oopgeknoopte hemp rondloop. In fact ek het probeer om met 'n oopgeknoopte hemp met tropiese vrugte op in die huis probeer rondloop in die middel van 'n Noordoos-Vrystaatse winter en my siblings het my net weird aangekyk. Om dit eenvoudig te stel: my droom het 'n stille dood gesterf want my ma wou my nie toelaat om so in die dorp rond te loop nie: "Die mense sal praat, my kind".

Too much info, ek weet.

8:38 PM  
Anonymous Anonymous said...

Dit en Aksie Acapulco (sp?) was bo aan my lysie van gunsteling tv vermaak - maar nick slaughter het nog altyd vir fabio getrump. appel, ek sou nie heeltemal jou kan sien met geghriesde bokstertjie nie, maar sal baie geld betaal om jou te sien probeer.

1:44 PM  
Blogger Appel said...

Dit was 'n legend show. Ek onthou net die man se vrou wat ontvoer word in wit en swart aan die begin daarvan en aan die einde van elke episode het hulle in sy private jet weggevlieg. Het hy toe ooit sy vrou gekry?

Name your price, Minette.

5:39 PM  

Post a Comment

<< Home