Annelie

Sunday, August 20, 2006

Here comes the sun

Reg, ek het oorspronklik net hierdie foto gepost, maar het vanaand weer met my ma gesels en besef ek sal bietjie moet verduidelik. Sy't gedink die titel bedoel die ou redaksie beplan almal om by Die Son te gaan werk noudat ons termyn verby is...ek dink dis baie snaaks, maar wil net graag enige verdere ongerymdhede opklaar :-)

Vir die wat nie weet nie, dis 'n Beatles liedjie, en dié band is een van min wie se songs op Die Matie se rekenaars beskikbaar is en waarvan almal in die kantoor hou (die Toten Hosen is nie almal se koppie tee nie, en Coldplay is doodeenvoudig overplayed)...so hierdie song sal my altyd aan die mense in die foto laat dink.


Die alternatief was natuurlik "The age of aquarius", but that's a different story altogether...(kloonskaap verstaan) ;-)

2 Comments:

Blogger Marissa said...

Wel, daar is ook in "Age of Aquarius" 'n reël wat gaan "let the sunshine in". So dit sou ook toepaslik gewees het.
Pragtige foto dié...

11:12 AM  
Anonymous Anonymous said...

Great foto! Regtig baie cool

Ke

2:22 AM  

Post a Comment

<< Home