Annelie

Tuesday, August 01, 2006

Ek lewe...!

Na aanleiding van Minette se kommentaar op die vorige posting het ek besluit om gou-gou 'n ietsie te skryf - die blog ekwivalent van hallo waai :-) Ek en 'n paar vriendinne gaan vanaand bietjie by 'Golden Wheat' eet hier op die bos...goeie kos, goeie geselskap en sub-standaard wyn (er...ek bedoel goedkoop) = lekker verjaarsdagpartytjie!

Hierdie foto is geneem in Pylones, 'n winkeltjie in Parys (daar's meer as een, actually) met baie helderkleurige en interessante ontwerpe vir (dikwels alledaagse) voorwerpe in en om die huis...kyk byvoorbeeld hierdie mes houertjie...awesome...

2 Comments:

Blogger Marissa said...

Dit is awesome, dog lyk dit bietjie onprakties. Het dit heeltemaal anders voorgestel toe jy daarvan vertel het.

Hoe was jou verjaardagviering toe?

1:23 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Dit was lekkerrr...(meer hieroor later)...ek is seker dit sou 'n entry op sonofame (may it rest in peace) waardig gewees het...

12:49 PM  

Post a Comment

<< Home