Annelie

Saturday, August 26, 2006

Eksperiment (en verskoning)

Jammer oor die kriptiese posting - ek het eintlik probeer om 'n animated gif te post (à la Minette), maar dit het nie gewerk nie. Die mannetjie tik só verwoed dat daar net bebloede stompies oorbly waar sy arms eens was...dan begin hy sy kop stamp (sensitiewe kykers sal nie verder uithou nie)...

Ek wou dit met almal deel omdat dit so 'n slaan-die-spyker-op-die-kop (albeit extremely violent) uitbeelding is van die soort frustrasie wat lang ure voor 'n rekenaar uiteindelik kan veroorsaak. Alhoewel dit nou 'n bietjie plat geval het, gee die prentjie darem vir julle 'n goeie idee hoe ek my naweek spandeer het. En nog gaan spandeer. (Eintlik moet daar nog 'n mannetjie wees wat oor hierdie mannetjie se skouer kyk, met die muis in sy hand, besig om picas uit te meet...dit sou meer akkuraat gewees het) :-)

Ek kla nie, ek sê maar net...

(Hoe ongesond is dit nie dat ek nou al obskure ASCI kodes soos ó en à kan gebruik sonder om hulle op te soek..)

1 Comments:

Blogger Marissa said...

Dalk moet jy hier ook 'n bietjie toeligting bysit.

3:30 PM  

Post a Comment

<< Home