Annelie

Friday, August 04, 2006

Is dit net ek wat dink dis snaaks?

Ek vermoed hierdie is een boek wat Marissa nie gaan lees nie...

en die idees vir alternatiewe titels is eindeloos: "Os - die merk van die dier"..."Os - ploeg voort"..."Os - swaar dra al aan die een kant"...

(ek moet nou ophou, dit raak laat en my sin vir humor is obviously aangetas...)

6 Comments:

Blogger Marissa said...

Nee! Ek dink dis geweldig snaaks. Hou van al jou alternatiewe titels, aangesien die boek se eie titel nie akkuraat is nie. Dis nie 'n outobiografie as jy dit nie self geskryf het nie!

10:33 AM  
Blogger Annelie Maré said...

Ek het nog ’n paar: "Os - Jukskei in die voorry"...of "Os - dik nek en klein tandjies" (dit kom uit een of ander song)... :-)

1:48 PM  
Blogger Marissa said...

Dit kom uit 'n Valiant Swart-liedjie, op een van sy meer onlangse albums. Dik nek en klein tandjies. Tee hee. Gaan dalk nou die res van die dag daaraan dink.

4:21 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Oooh..."Van die os op die jas: Die Os du Randt storie"... :-)

4:58 PM  
Blogger Appel said...

Haai, moenie spot nie. Dit was een van Die Burger Boekklub se boeke van die maand. Edmund het nie veel van 'n keuse gehad daai maand nie.

8:42 PM  
Anonymous Anonymous said...

Legend titels, jy het my dag gemaak!! Hopenlik erken hy in hierdie boek hoe hy nooit eintlik van die naam 'os' gehou het nie. Dit het hom pouses in die meisie badkamers laat huil. kinders kan darem maar wreed wees...

1:39 PM  

Post a Comment

<< Home