Annelie

Wednesday, November 01, 2006

All work and no play... (update!)

Ek het so lanklaas geblog dat ek eintlik performance anxiety het soos ek hier sit en tik - so be gentle with me :-) Net vir die rekord: 'n Hele paar mense het my vorige inskrywing misverstaan...die wit 'voorwerp' in die boonste foto is eintlik waar 'n rugbybal uitgesny is, die tweede foto is waar die rugbybal toe uiteindelik geplak is. Dis crude, maar darem nie só crude dat hulle gedink het daai eerste een lyk soos 'n rugbybal nie!?

In elkgeval, hierdie week was een vir vreemde (lees: random) gesprekke met wildvreemdelinge. Soos die omie in die fotokopieer afdeling in die bib wat nou die aand vir my gevra het wat ek swot en, toe ek verduidelik wat BA (PPE)* is, verward vir my vra, "Nou maar...maar watse soort werk gaan dit eendag vir jou kry?" Seriously, BA kry dit ook maar van alle kante af.

Dit was egter selfs vreemder toe 'n onbekende klasmaat (ons het al gesels en groet mekaar altyd...maar ek kan nie sy naam onthou nie) my nou die dag op die rooiplein nader roep en sê, “Weet jy, ek check jou altyd, as ek jou sien verby loop dan gee jy altyd sulke besige vibes af. Ek kan sien jy...jy lyk vir my soos iemand wat hard werk.” Dink net as so iets eendag op my grafsteen beland, hoe sad sal dit nie wees nie. Ek is in elkgeval nie meer besig as ander studente op hierdie stadium nie (as ek die stres-vibes in die bib reg check)...

Verder het my kamermaat die lastige gewoonte aangeleer om my voor te stel as Redakteur van Die Matie, so toe ek vroeër hierdie week iemand raakloop wat ek só ontmoet het, sê hy, "O ja, jy's mos die Matie-tannie, né?" Weereens: terrible grafsteen potensiaal in daai een. Maar hy weet hy's in KampusQuotes volgende jaar. Want die Matie-tannie het so gesê.


* Nee, 'n mens spel dit nie BAPPE nie, ten spyte van wat jy dalk in KampusBurger gelees het.

3 Comments:

Blogger Marissa said...

Mwahahaha! Besige vibes. Ek kry dit baie...

9:15 AM  
Blogger Marissa said...

En ten minste stel sy jou nie voor as die redaktrise van Die Matie nie.

10:57 AM  
Blogger Appel said...

Cool posting!

11:14 AM  

Post a Comment

<< Home