Annelie

Friday, November 24, 2006

Twilight zone

Ek moes die afgelope 24 uur stoei met tasse (op hoë rakke gebêre), bokse (wat soms uitmekaar val...veral as mens hulle per abuis nie reg toevou nie), my kar se agterste sitplek (wat ek natuurlik moes afslaan) en my kamermaat (wat al haar pakwerk vir ons laaste uur in die koshuis gelos het).

Nou hang ek rond in die Neelsie tot ek my goed kan gaan aflaai waar ek vanaand slaap. Terwyl ek wag vir my hot chocolate flits die beeld op die grootskerm tussen een of ander equestrian kompetisie en 'n surrealistiese montage met sporthelde wat glimlaggend-sweterig trofees omhoog hys, met Josh Groban se "You raise me up" in die agtergrond (freakishly literal, no?).

Ek dog ek ontsnap na die kantoor, maar êrens op die Rooiplein is daar 'n luidspreker opgestel en Robbie Wessels neem oor. "Knyp...twee...balle vas tussen jou bene..." Ek besef ewe skielik ek het hierdie liedjie al so baie gehoor het dat ek kan saam sing (as ek sou wou).

Weird gevoel hierdie, seker deels te danke aan die feit dat die proses van uit die koshuis trek dit laat voel soos die einde van die jaar (wat dit beslis nie is nie - daar's nog baie wat binne die volgende paar weke gedoen moet word). Intussen sal ek hopelik 'n bietjie meer gereeld kan blog, uiteindelik 'n bietjie saam met die familie kan kuier en...wel, rus...

Maar - op heeltemal 'n ander noot - kyk hierdie cool foto! Dis nog een uit Die Matie se 'argief'...kan julle raai watter dekade dit is? ;-)

10 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Hehe, ek kon sweer een van daai dudes is Darias... ek raai 80's

12:50 PM  
Blogger Marissa said...

"Die Matie se argief"=bokse en laaie vol crap wat in die kantoor rondlê.

9:17 AM  
Anonymous Anonymous said...

hehe

terloops, as jy daai foto heeltemal sonder die rooi streep soek, het ek nou tyd om dit te doen.

ons moet die pick & pay uitstappie volgende jaar meer gereeld begin doen. ek lawwit om tussen al daai karton rond te spring, dis vet pret...

6:40 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Uno: Jy is inderdaad reg. What gave it away? Die superkort-kortbroeke? Die t-shirt designs? Daai dude met die McGyver-mullet? ;-)

Marissa: Eish. Ek het geen verweer...ons 'argief' is kak, ja (maar ons werk daaraan)

Johan: Ek stem saam - my maag was seer van al die lag...moenie underestimate hoe snaaks die rondspring/mosh was vir toeskouers nie! (mmm...of is jy sarkasties?) :-)

12:16 PM  
Anonymous Anonymous said...

sarkasties? altemit nie.

7:48 PM  
Anonymous Anonymous said...

Annelie: 11*1*11?

8:48 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hello, very nice site! Please also visit my homepages:


louis vuitton replica purses

paycheck cash advance

quick payday advance

loan personal quick

quick loan approval

payroll cash advance

by cash fast loan loan online payday unio western

fast easy payday loan

emergency fax loan no no payday teletrack

home loan calculation

free credit report and credit score

See you tomorrow!

6:38 AM  
Blogger Annelie Maré said...

Ek haat spam *sug*

11*1*11 jouself ;-)

5:04 PM  
Anonymous Anonymous said...

Hmm...die digitale middelvinger, as ek nou reg onthou, lyk meer na iets in die lyn van:

,,|,,

1:30 AM  
Anonymous Anonymous said...

bloggggggg, dis goed vir jou!

7:32 PM  

Post a Comment

<< Home