Annelie

Thursday, January 04, 2007

Hiert!

Geez - ek weet skaars waar om te begin. Om die waarheid te sê is hierdie net 'n kort 'hallo' om my lang afwesigheid van die blogosphere te verbreek...ek's binnekort weer terug met foto's en als (internet kafees hou nie altyd daarvan as jy 'vreemde voorwerpe' in hulle rekenaars druk nie. Soos kameras met USB kabels, julle weet.)

Hier's 'n kort lysie van goed wat hot/not is in my lewe (yip, het hopeloos te veel E! Entertainment gekyk hierdie vakansie. I refuse to be ashamed...)

What's hot:

1) My ma (en ander mense van die omgewing) wat hierdie jaar soos rooi indiane begin praat het. "Jy weet, dit het mos alles weggespoel met Die Groot Reën..."
2) My hondjies Steffi en Wollie :-)
3) Middagslapies...
4) Die dude wat blykbaar free reign het van die Outeniqua Choo-choo (sp?) se spoor met sy spesiale modified four-wheeler (dit het 'n ekstra stel wiele wat op die spore kan ry wat jy kan laat sak/optrek soos nodig)...weet nie of dit net 'n rumour is nie, maar as dit waar is, is dit flippen awesome :-) Ek volg die rumour op en sal later sy naam byvoeg...

What's not:

1) Lookout Beach in Plett wat weggespoel het (!?)
2) My hondjie Steffi se lewerkwaal (?) wat sy blykbaar die afgelope paar maande ontwikkel het
3) Bikini's oor die algemeen
4) Mall culture (wat nou ewe skielik vreeslik groot geraak het in PE, Plett...en selfs Knysna!?)
5) Die oom wat oorkant ons bly wat vasberade is om die speedo 'terug te bring'. Mmm...

3 Comments:

Blogger Marissa said...

haai, dit was omtrent 'n verrassing toe ek vanoggend sien jy het weer geblog. Dit klink of alles darem goed gaan met jou?

12:29 PM  
Blogger Appel said...

Dis so sad om te hoor van Steffi. Dis die een wat van my gehou het nê, of is sy die een wat altyd bang was vir my. Ag shame Annelie, dis so sad. Ek voel nou skoon sleg dat ek hulle so bang gemaak het.

12:45 PM  
Anonymous Anonymous said...

Ja, ons het die dude gesien ry in sy four wheeler tussen die marina hek en die Oyster Catcher, helder oordag. So dis nie net 'n urban legend nie. Op sy kop het 'n hoed gepryk wat gelyk het soos die spreekwoordelike "donkie brekfis" (d.i. lyk soos iets wat 'n donkie sal opgewonde maak as hy dit vir ontbyt kan geniet) Waar was jy!! Sy ryding lyk spesiaal. Niemand anders het so een nie......

3:11 PM  

Post a Comment

<< Home