Annelie

Saturday, June 10, 2006

On the road again...

My eksamens is uiteindelik verby en (sover ek weet) grotendeels suksesvol afgelê...lees gerus hier om te deel in my vreugde wat spesifiek Ekonomie 214 betref. Dis die moeite werd, ek belowe :-)

Ons (ek, my ma en die aantreklike jong skakelbeampte bekend as Prof Fuchs) het Vrydag die 700 km Port Elizabeth toe aangedurf. So staar ek toe die volgende suikersakkie in die gesig by die Whistle Stop Café (aka Shell Garage se ketting-koffiewinkel) op Riviersonderend:


...en dit pla my. Sewe punte en dan 'n hoofletter!? Om die waarheid te sê pla die feit dat dit my pla my meer as enigiets anders...

2 Comments:

Blogger Appel said...

Dit pla jou omdat die uitleg screwy is, omdat jy nou al mooi getrain is om sulke kak te vermy. Well done to that, jou oog word skerper. Binnekort gaan ek en jy en Marissa die wereld van swak uitleg en -spelling oorwin! HAHAHAHAHA

(Ek's fokken bored vandag en Rian Malan se boek is te heavy. Ek't al te veel sulke boeke gelees, nee seriously, veral oor die Kaap van die 17e eeu, oor die Super Afrikaners [Sunday Times se naam vir hierdie tipe mense in die 70's] en Breyten en Van Zyl Slabbert se memoirs. En ek voel vet vandag. Ek gaan huil).

Jy moet baie lekker vlieg hoor. Goed gaan hoor.

4:09 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Ons kan op 'n ander stadium gesels oor die boek, ek dink my ervaring daarvan is bietjie anders as joune.

En jy is nie vet nie, maak nie saak wat Naude en Adriaan sê nie :-)

7:12 PM  

Post a Comment

<< Home