Annelie

Thursday, June 15, 2006

Net om te bewys ek's regtig hier...

Om te dink ek was verlede week nog trots op myself omdat ek op my eie stad toe gery het. Screw dit, public transport is way cooler :-) Ek het gister die trein-sisteem (overland, nog nie tubes nie) alleen trotseer en dit wel reggekry om ongedeerd by Charing Cross uit te kom...ek het bietjie laat aan die gang gekom so dit was nie so 'n lang dag nie, maar dag een was gewy aan (slightly clichéd) Trafalgar square. Nelson se...er...column is ongelukkig onder konstruksie (sien foto's) - mens kan nie eers die leeus onderaan ordentlik sien nie. En daar is meer toeriste as duiwe op die square...


O, ja - boodskappie aan Appel en Prof Fuchs: Die treinrit vanaf Lewisham (waarmee ek elke dag seker sal begin) gee vir my 'n view van DAAI gebou uit Basic Instinct 2. Ek dink dis deel van Canary Wharf of so iets? I'll keep you posted.

In elkgeval, my hoofbestemming was die National Gallery (onder)...regtig amazing om verskeie redes, sal 'n paar keer weer teruggaan...en Pa, die Sonneblomme is daar, ons was toe verkeerd gewees...

Ek wil graag my ervarings met almal deel maar ek wil eers 'n paar goed uitklaar. Een: Ek haat dit eintlik om sulke foto's te neem. Dis boring. Ek is jammer julle moet daarna kyk. Maar ek sit dit hier want as julle dit ook sien is dit bietjie asof julle saam met my daar was om dit in lewende lywe te sien. Twee: Ek gaan sukkel om ALLES met julle te deel, al wil ek. Ek kan byvoorbeeld nou nie alles skryf wat ek gevoel/gedink het in die National Gallery nie (en dit was baie)...daar is 'n deel van my wat die heeltyd dink aan hoe ek hierdie ervarings met ander mense kan deel deur daaroor te skryf, maar nog 'n deel wat dit eintlik privaat/net vir myself wil hou. Miskien is dit net ek wat weird is, ek weet nie.

Ek sal eerder foto's plaas van random goed wat my laat stilstaan deur die dag. Soos hierdie een wat ek oppad huis toe van Lewisham stasie af geneem het.


Of hierdie een - dit was die eerste keer wat ek 'n rooi telefoonhokkie opgemerk het, en toe sien ek die freaky sign langs dit. Ek het dit geneem net oorkant die Charing Cross ingang, moet seker iets wees wat oorgebly het van 'n protest op die square...

Daar is ook maar fucked-up mense ooral in die wêreld...

(die mense wat die posters gemaak het, nie die mense van wie die posters praat nie...julle weet dit, reg!?!?)

2 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Bly jy geniet dit. Ek is beindruk met jou waagmoed en die foto's. Jy moet afklim by Canary Wharf en daar koffie drink by Smolensky. Baie impressive. Yuppies everywhere.
Ns. Het Kana 'n mosterdpot??
luv2all

3:00 PM  
Anonymous Anonymous said...

Dagsê van 'n (baie) stil Stellenbosch!

Cool foto's! Die National Gallery is amazing. Fortnum & Mason is nou net in 'n straat regs af van Nelson se kolom (as jy daarna kyk van die Gallery se kant).

Post nog photos, wanneer jy kan, ons wil van al jou avonture hoor.

Tot later, have a blast!

C. Tramell

6:02 PM  

Post a Comment

<< Home