Annelie

Sunday, February 18, 2007

What Mario isn't telling you...

Dit is om een of ander rede 'n tradisie in Monica dat die eerstejaars iets spesiaals doen vir die hele koshuis op Valentynsdag. Gewoonlik beteken dit 'n pakkie sweeties voor jou deur en 'n klomp pienk/rooi hartjies wat in die koshuis opgeplak word, maar hierdie jaar het hulle 'n poster campaign ook ingesluit.

My persoonlike gunsteling is die een in die voorportaal wat twee meisies, onderskeidelik pro- en anti-Valentynsdag (volgens hulle T-hemp slogans), uitbeeld. Anti se T-hemp sê eenvoudig "Valentine's Day equals death"...maar Pro s'n is my gunsteling: "I [heart] VD".

*chuckle* Weereens 'n bewys dat meer as een persoon 'n poster moet proeflees voor dit geprint of êrens opgeplak word :-) Kan enigiemand anders daai Friends episode onthou wat Joey op 'n VD poster verskyn...?

3 Comments:

Anonymous Anonymous said...

My oom M het nie verniet gesê: "ALWAYS check the initials" - dit was nou wanneer ouers 'n naam vir hulle nuweling oorweeg het.... V.D.Poggenpoel ??

Aan die ander kant: Sy het nog 'n onbesoedelde hart. Jammer dat ons in 'n tyd leef waar daar nie meer plek is vir onskuld/naïwiteit nie!

2:25 PM  
Anonymous Anonymous said...

haai daar matie-redakteur

Dit is 'n absolute classic! Lets hope her valentine's wish does not come true...
Jou kamer lyk lekker.
Ek gaan by jou kom koffie drink een van die dae.
Kyk mooi na my Brocoli.

Cheers
Violet Shrink

2:57 PM  
Blogger nico said...

Dalk het hulle daai poster aspris so gemaak.

12:13 PM  

Post a Comment

<< Home