Annelie

Wednesday, February 07, 2007

Spick 'n spa(n/m)

Ná omtrent 'n maand se verblyf in Somerset Wes (einde Desember en weer in Januarie) het ek twee weke terug weer in Monica ingetrek. Ek het dit reggekry (against all odds) om die HK te oortuig dat ek 'n enkelkamer verdien, en bly toevallig nou in die ou Prim-kantoor. Ek weet dit klink nie vreeslik huge nie, maar na 'n jaar saam met 'n lenige, blonde Durbaniet (ons het nie veel in gemeen gehad nie...) en 'n goeie vriendin (wat so amper-amper nie meer een was nie) is dit, ten minste in my boekies, werklik blog-worthy.

Daar's 'n paar goed in my kamer wat dit egter anders (beter?) maak as ander enkelkamers. Ek het, byvoorbeeld:

- 'n connecting door met die twee eerstejaars langsaan.
- twee interkom headsets teen die muur (Nee, hulle werk nie. Ek het gecheck.)
- 'n klein kluis (waarvoor ek nie 'n sleutel het nie, en waarin niks wat ek waardevol ag, kan pas nie...).
- 'n deurstop in die middel van die vloer (vir die connecting door)
- twee kaste, daai lekker office-furniture, pine-hout soort, wat kan rondskuif...

Ek kan, met ander woorde, alles hoor wat die eerstejaars langsaan te sê het. As ek met myself gepraat het, sou hulle my natuurlik ook kon hoor (maar ek's nog nie daar nie)...

Dit was natuurlik nag om al my stuff ordentlik te rangskik...ek meen, daar is nie eers hoeke nie. Ek dink darem dit het goed uitgewerk - kyk maar na die before en after foto's en sê of julle saamstem :-)

BEFORE:

AFTER:


Verder het ek uiteindelik die comment moderation stelsel onder die knie (het 'n bietjie gesukkel, dis hoekom daar verlede maand niks comments verskyn het nie...) - die VREEMDSTE goed, ek belowe julle, maar nou kry ek dit als in my e-mail inbox? Ek skuifel-skuifel al weer in die wordpress rigting...

7 Comments:

Anonymous Anonymous said...

hehehe, jaaa! doen die skuif. Jy weet jy gaan natuurlik jou eie blog kan host op jou eie Die Online Matie server binne kort.

Ek weet egter nie of dit Wordpress gaan hardloop nie...

10:10 PM  
Blogger Marissa said...

Cool. Wat is op jou boekrak?

8:42 AM  
Anonymous Anonymous said...

hou op kla :p

10:49 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Hey! Ek het vir jou my happymeal toy gegee, ek kan kla soveel ek wil...

5:12 PM  
Anonymous Anonymous said...

as jy dink jy kan kla, wag tot jy die speelding hoor neul

1:07 PM  
Blogger Minette said...

Ansie, jou kamer lyk pragtig, ek wens ek kon kom kuier vir 'n koffietjie...

3:20 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Mettie! Ek wens ook so! Wat maak jy als!? Hoe gaan dit met die sexy australian? ;-)

7:10 PM  

Post a Comment

<< Home