Annelie

Tuesday, September 26, 2006

The horror...

Ek sit en wonder by myself wat die joernalistieke ekwivalent van harakiri sou wees - ek meen, in die ou dae was 'n goeie ou stomp potlood in jou jugular seker voldoende, maar in die digitale era...? 'n Muiskabel om die nek? Nat vinger in 'n netwerkpunt?

Hoe dit ookal sy, ek's bang vir môre se uitgawe om te verskyn. Daar is oor deadlines geseil en rondgeskarrel soos nooit tevore nie en, ten spyte van 'n persoonlike rekord dertig uur stretch in die kantoor (en dit tel nie eers ander sessies oor die naweek nie) is die eindproduk se kwaliteit nie na wense nie. Dalk sal dit help as ek noem dat ek te besig was om berigte oor te skryf om alle uitlegfoute reg te maak...dis die eerste keer wat ek lesers wil aanmoedig om net te blaai na die T'Matie (het probeer moeite doen hiermee, en Chris het ook baie gehelp) of KampusQuotes.

Hoe meer ek na hierdie voorblad kyk hoe meer vervelig lyk dit. Ek wil net aan die slaap raak, dis net té veel teks...

Het vanaand ook vir die eerste keer amper oop en bloot aan die slaap geraak by 'n amptelike funksie. Ek blameer dit op die tannie met die Radio Kansel-stem wat 'n toesprakie moes lewer. Ek het so half gehoop sy slaan oor na 'n Storieman-storie sodat ek myself kan verbeel ek is weer 'n sorgelose ses jaar oud...

9 Comments:

Blogger Appel said...

Kom nou. Jou koerant lyk baie goed. Don't be so hard on yourself. Julle het baie goeie werk gedoen. Veels geluk

11:45 PM  
Blogger Appel said...

Net een opmerking: ek sien julle het 'Woensdag' uit die strapline uitgehaal. Doelbewuste keuse as ek mag vra?

11:46 PM  
Blogger Marissa said...

Annelie, asseblief. Appel is reg, jy moenie so hard op jouself wees nie. Het wel nog nie alles gesien nie, maar ek dink die koerant lyk FINE. Regtig.
Sien jou Saterdag.

10:39 AM  
Anonymous Anonymous said...

Ek dink dis 'n baie goeie uitgawe, uitleg is vir my perfect en die artikel is cool. nog nie deur als gelees nie...
Redaksioneel is briljant :)

11:00 AM  
Anonymous Anonymous said...

Dis AFGRYSLIK! KYK HOE LYK DIT?!?! OMW OMW OMW OMFW!!!!!one111!!eleven!!!

O wag, dis 'n foto van Jurie Els.

l0lz0rz ;)

9:32 PM  
Anonymous Anonymous said...

Daar is baie min uitleg en teksfoute, moenie worry nie!En asb asb gaan slaap 'n bietjie!

9:01 PM  
Anonymous Anonymous said...

Johan, is jy nou lekker op 'n roll? of 'n bun? har har har har!!

2:32 PM  
Anonymous Anonymous said...

lol

11:51 AM  
Anonymous Anonymous said...

ek hou {{ding}} van storieman...

8:34 PM  

Post a Comment

<< Home