Annelie

Tuesday, May 02, 2006

...maar HOEKOM!?

Ek het hierdie clip van Nicole, Chrisanth en ek ontdek op die netwerk. Dit is so weird...



As Monica eerstejaars het ons verlede jaar 2h00 een oggend pamflette op kampus gaan versprei wat sê: "Monica girls are damn fine" (sug)...ons moes die flyers onder al die kamerdeure in al die manskoshuise stoot - gelukkig het ons opgesplit en my groepie moes Eendrag en Helshoogte cover. Hierdie video speel dan ook af in Helshoogte, waar een dude besluit het hy gaan ons stort (teen die HK se aanbevelings). Hy't natuurlik vir my getarget omdat ek heel voor gestaan het en toevallig ook die kleinste een was (lafaard!), maar net toe hy die kraan op my oopdraai het die HK hom gestop en die res van ons het toe nie nodig gehad om gestort te word nie.

Hy was baie jammer en het selfs aangebied om vir my 'n handdoek in sy kamer te gaan haal...soos julle kan dink was die ervaring self glad nie traumaties nie, maar die vraag bly staan: hoekom sou iemand dié ongemaklike videotjie, nog sonder klank ook, wou beskikbaar stel op die netwerk!?

4 Comments:

Anonymous Anonymous said...

Dis fokken moeilik om daarna te kyk, seeing that its all rotated. Ek het byna my nek gebreek. Jy lyk erg baie soos Minette op hierdie video, scary stuff.

Well done on Die Matie se blog. Sterretjie vir jou, ek is trots op jou. Nou moet jy maar net quality control speel en seker maak en plaas nie net enigiets op hierdie blog nie. Oh dit sal lekker wees.

8:51 PM  
Blogger Marissa said...

OK het dit nou gekyk. Dis kort. Dis weird. En in die woorde van "gerooster", 'n mens kan nie eens sien julle word nat nie.

10:20 AM  
Anonymous Anonymous said...

wie's jy as jy by die huis is gerooster? en hoe ken jy my? sy lyk glad nie soos ek nie, wat bedoel jy?! ai ans, wat kan mens se: die kykers is honger vir jou, al is dit net hierdie klein arbitrere clippie: ons wag in spanning vir jou eie version van stellies student. hie hie hie...

6:29 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Ge(rooster) is die enigste Paul Roos-er wat my blog lees en sy huis is by Nerina dameskoshuis...raai wat het ek vanaand in my kamerjas se sak gekry!? Daai "fashion is bollocks" badge wat jy vir my gegee het! yay! :-)

11:11 PM  

Post a Comment

<< Home