Annelie

Wednesday, May 10, 2006

Jou MA is 'n spam-blog, man

Vir die van julle wat nog nie die nuwe link by my 'ander blogs' afdeling gesien het nie: Die Matie het sy eie blog gekry.

Ons het 'n artikel gepubliseer in die 3 Mei uitgawe oor kondome in koshuise (lees dit gerus hier, op bladsy 15)...nou lyk dit asof die saak weer oop is vir bespreking - mense stem daaroor by huisvergaderings en dis ook op die agenda van môre se Studenteparlement. Ek het gehoop om ook 'n poll op Die Matie se blog te sit sodat mense kan stem oor die saak (hurray vir pollhost.com) en dan posters ooral op te sit wat sê:

"Kondome in koshuise - ja of nee? (lig JOU mening by www.diematie.blogspot.com)"

...of dalk iets minder corny...

Maar nou sê blogspot Die Matie mag nie enige verdere posts publiseer nie want ons blog lyk soos 'n moontlike spam-blog!? Hulle moet dit nou eers 'evalueer' (wat hulle nou al vir die afgelope drie dae doen, mind you) en dan sal hulle besluit of hulle dit gaan delete of nie. Miskien moet ons nou maar iets in Engels plaas (netnou dink hulle die Afrikaans is gibberish)...het enigiemand raad wat nie plastique explosives en huursoldate insluit nie?

5 Comments:

Blogger Marissa said...

Ek moet vra. Wie het gesê: "Jou MA is 'n spam-blog, man"? Was dit jy?
Het pas weer vir hulle die "vorm" ingevul. Ja, dalk is meer Engelse content 'n goeie idee.

5:43 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Dis ek gewees, ja :-) Maar ek het besef dat ons natuurlik nie engelse content kan publiseer voordat hulle ons unblock nie...mmm...

6:29 PM  
Blogger Appel said...

AAAAAAAAAAAAAAAHHHHHHHHHHHHHHHHHH

10:33 PM  
Anonymous Anonymous said...

skuif wordpress toe...

1:14 PM  
Blogger Appel said...

Dis nou al 11 dae en geen nuwe entries. Come on

11:00 AM  

Post a Comment

<< Home