Annelie

Monday, May 22, 2006

Penelope Pineapple en die pynappel-mafia

Ek het eintlik vergeet van hierdie foto's - ek het gehoop ek kan dit gebruik om te probeer opmaak vir my lang stilte...laat my weet as dit werk...

Eerstens moet ek julle voorstel aan Steffi, 'n miniatuur Schnauzer in haar vroeë sestigs (in honde-jare...soos in mense-jare maal met sewe...):

Nes enige ander lid van die Maré-familie het sy nie al haar varkies op hok nie (soos die foto ook suggereer). Sy het so 'n paar jaar terug 'n boetie gekry in die gedaante van Wolfgang "Wollie" Maré - ongelukkig het ek nie enige onlangse foto's van hom nie...hy's 'n bietjie kamera-sku en het ook attention-span probleme (met ander woorde, hy hardloop gereeld randomly weg óf omdat hy angstig raak óf omdat hy 'n skoenlapper jaag...of selfs sy eie stert...):


So het dit dan ook gebeur dat ek in my pynappel-fase probeer het om 'n foto van Penelope saam met die twee hondjies te neem. Die resultaat? Kyk hier:


Wollie het weggehardloop, en Steffi lyk moerse verbouereerd!?

As jy mooi kyk sal jy sien Penelope trek 'n bietjie na Al Capone, veral so om die oë...

(Seriously, ek het net die pynappel daar neergesit, ek belowe)...

5 Comments:

Blogger Appel said...

Ek dink net aan die vrugtemandjie as ek pynappels sien. Dit gaan lank vat voor ek recover.

3:24 PM  
Blogger Appel said...

new entry already

6:19 PM  
Blogger Appel said...

This comment has been removed by a blog administrator.

3:26 PM  
Blogger Annelie Maré said...

Hey! Dis nie cool om jou blog op iemand anders s'n te promote nie (net sodat jy weet)...Emsie het nog nie oor blog-etiket geskryf nie, maar ek is seker sy sou saam met my stem :-)

7:20 PM  
Blogger Appel said...

Jy moet 'n nuwe posting maak

5:23 PM  

Post a Comment

<< Home