Sonde met die bure
My buurvrou is 'n oggendmens. Ek is nie. Sy't my vanoggend wakker geskree toe sy besluit het om haar ouers te bel (seker voor hulle kerk toe gaan, want dit was vroeg) en 'n bietjie 'op te vang'. Aangesien sy ingenieurswese swot het die gesprek meestal oor haar toetsreeks gegaan. Ek sal julle nie aan die ander besonderhede blootstel nie.
'n Paar minute later hoor ek girts-girts-girts...ek het eers heel paniekerig gedink sy's besig om haar naels te vyl (die muur kan tog nie só dun wees nie!?), maar toe besef ek die geluid kom van my venster se kant af. En so ontmoet ek toe my ander buurman :-)
Wat sou sy naam wees? Hy lyk vir my soos 'n Krummel...


Nadat ek bietjie opgelees het oor uitleg-guru Mario Garcia (en my eie design inferiority complex probeer face het deur die VerwelkomingsMatie alleen aan te pak) was dit nogals fun om bietjie rond te speel. Maar ek's nogsteeds nie seker ek hou daarvan nie. En ek's nogsteeds nie seker ek hou van die idee dat design vir party mense so 'n moerse issue is nie - kyk byvoorbeeld na die Res Ed projek se logo. Dis vir my amper die visuele ekwivalent van naels wat krap op 'n swartbord...maar Res Ed is potensieël so 'n positiewe projek (moontlike politieke agendas aside) dat ek myself eintlik skaam dat laasgenoemde gedagte hoegenaamd by my opgekom het.
