Annelie

Friday, October 13, 2006

Photoshop (back in the day)

Ek moes nou-die-dag vir Ryk oortuig (!?) dat dit oneties is om 'n netbal-bal in 'n foto van springende netbalmeisies in te photoshop (maw, sodat dit lyk asof hulle spring vir die bal, eerder as wat hulle net randomly spring). "Fotograwe kry die shot," het ek probeer verduidelik, "Hulle maak dit nie agterna nie..."

Toe kry ek wragtig hierdie foto's in Die Matie se argiewe:



Sien julle wat ek sien? Crude, yet strangely effective... :-) Ek hou steeds voet by stuk - so iets publiseer ons nie solank ek nog veto-reg het op inhoud nie.

Wednesday, October 11, 2006

Geen kommentaar

So daar het julle dit - baba no. 3 en die laaste uitgawe van die jaar... (ek link die voorblad en pdf later vandag, belowe)

My kamermaat het oor die naweek vertel dat ek in my slaap gepraat het. Ek het dit geweet (omdat ek myself wakker gemaak het), maar kon self nie meer besonderhede onthou nie. Blykbaar was ek besig om te sê, "Mmm...dit lyk OK so, maar ek's nie baie gelukkig met die font wat jy daar gebruik het nie..."

Hoe lank nog voor die vakansie?

Monday, October 02, 2006

Not breathing can cause you to die

Seriously...YouTube is besig om te ontplof van al die mense wat OKgo probeer naboots, maar niemand kan off-kilter synchronized dancing doen soos daai dudes nie. (Behalwe miskien Die Matie se redaksie in polieotters, maar ons weet nog nie of dit gaan gebeur nie) :-)

Behalwe vir die classic treadmill video is daar ook een in hulle agterplaas (check die slow-motion fight by 2:30 minute - awesome)...en dit wat ek hier insluit: 'n bietjie lewenswysheid gekamoefleer as tafeltennis-tips...