Photoshop (back in the day)
Ek moes nou-die-dag vir Ryk oortuig (!?) dat dit oneties is om 'n netbal-bal in 'n foto van springende netbalmeisies in te photoshop (maw, sodat dit lyk asof hulle spring vir die bal, eerder as wat hulle net randomly spring). "Fotograwe kry die shot," het ek probeer verduidelik, "Hulle maak dit nie agterna nie..."
Toe kry ek wragtig hierdie foto's in Die Matie se argiewe:
Sien julle wat ek sien? Crude, yet strangely effective... :-) Ek hou steeds voet by stuk - so iets publiseer ons nie solank ek nog veto-reg het op inhoud nie.
8 Comments:
Ek love dit! Ek love dit! Daai boonste ding lyk soos 'n UFO, en asof hulle die ou optel om met die aliens gesprek te voer daar bo.
Wat was daai mannetjie se naam nou weer? Die alien op daai destydse tv show wat orals rondgevlieg het in 'n ruimtetuigie en kinders stuff van die wêreld probeer leer het?
Mannemarak!!! (sp?)
"Mannemarak is my naam, ek kom ver van hier vandaan..." (sing saam, jy weet jy wil) :-)
En: "op my planeet / wil ons alles weeeeet / op my planeet / sal ons nooit vergeeeeet"
Yay!
WHOOHOO!!
Sterk kompetisie vir Dawie, though...
Cut&Paste, oldschool staail
Updates!!!
Post a Comment
<< Home